As kragtariewe styg, hoe gaan NamPower sy skuld invorder?

Loading player...
NamPower ondervind probleme om meer as 909 miljoen Namibiese dollar in skuld van grootmaatkliënte in te vorder. Intussen vra die nutsmaatskappy vir ‘n verhoging van 8,4 persent in tariewe by die Elektrisiteitsbeheerraad. Dit het tot kritiek gelei met menings dat die wat wel rekenings betaal gestraf word terwyl debiteure oorgesien word. Kosmos 94.1 Nuus het met energiekenner Harald Schütt gepraat. Hy waarsku dat met die tariefverhogings wat aangevra word, nog minder in staat sal wees om die skuld te vereffen.
7 Apr 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Parlement verdaag vroeg na Uerikua-afsterwe

Die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, het vandag die Huis vroeg verdaag tot môre namiddag. Dit volg op die tragiese afsterwe van die Swapo-parlementslid James Uerikua verlede week, saam met sy 14-jarige seun. Die sitting sal môre hervat word na die staatsrede deur president Netumbo Nandi-Ndaitwah. Kuugongelwa-Amadhila is…
7 Apr 11AM 1 min

Kaapstad bepleit behandelde afvalwater-gebruik

Die Stad Kaapstad sê met damvlakke tans onder 50-persent, is die slim gebruik van drinkwater belangriker as ooit. Die burgemeesterskomiteelid vir Water en Sanitasie, Zahid Badroodien, sê 'n praktiese manier waarop inwoners en ondernemings kan help is om gebruik te maak van behandelde afvalwater vir besproeiing en nywerhede. Hy sê…
7 Apr 11AM 1 min

Sandhof-lelies staan geil, gaan kyk vinnig!

Die Sandhof-lelies is in volle blom na die pan aan die buitewyke van Maltahöhe goeie reën ontvang het. Daar is steeds kans tot Vrydag die week om die skouspel te aanskou. Kosmos 94.1 Nuus het met die eienaar van die Maltahöhe Hotel, Marike Raves, gesels.
7 Apr 11AM 1 min

NNN 'het veel beloof in vorige staatsrede, maar min het verander'

Reaksie word ontvang oor president Netumbo Nandi-Ndaitwah wat môre-middag haar staatsrede sal lewer. Dringende landskwessies word tradisioneel in staatsredes aangespreek. Kosmos 94.1 Nuus het met politieke ontleder Ndumba Kamwanyah gepraat, wat sê ons het nog nie veel verandering op die grond gesien sedert die vorige staatsrede nie.
7 Apr 10AM 1 min

Goudprys laer, maar steeds sterk: Dawie Klopper

Goud het Maandag onder 4 700 Amerikaanse dollar per ons gebly ná 'n skerp daling in die vorige sessie. Die edelmetaal verhandel tans steeds onder die merk. Kosmos 94.1 Nuus het met Dawie Klopper, Suid Afrikaanse ekonoom gepraat. Hy verduidelik hoe beleggers tydens konflik bates rondskuif. Hy sê die hoër…
7 Apr 9AM 1 min