
Melkprodusente sê BKS-inentings help melkkuddes
Loading player...
Die Melkprodusente-organisasie sê die regering se inentingsveldtog het gehelp om die uitwerking van bek-en-klouseer-uitbrekings op melkkuddes te beperk. Die land het teen verlede maand meer as 1 200 gevalle aangeteken waarvan die meeste in KwaZulu-Natal was. Die organisasie se uitvoerende hoof, Fanie Ferreira, sê inentingsprogramme is uiters belangrik om kuddegesondheid te handhaaf en die aanbod bestendig te hou, maar die sektor bly onder druk weens biosekerheidsgevare en toekomstige uitbrekings:

