
Landbou kry N$1,8 miljard begroting vir 2026/'27
Loading player...
Die landbouministerie het vanoggend sy begroting in die parlement ter tafel gelê. Die totale begroting vir die ministerie is 1,8 miljard Namibiese dollar. Lynminister Inge Zaamwani het die befondsing om bek-en-klouseer plaaslik te verhoed uiteengesit sowel as die begroting vir grondhervorming.

