
SA wet op hokaairoepers verwelkom
Loading player...
Corruption Watch verwelkom die Wet op Beskermde Bekendmakings wat ten doel het om die beskerming van verklikkers te versterk. Die organisasie sê die wetsontwerp, gelei deur aanbevelings van die Zondo-kommissie oor staatskaping, is daarop gemik om gapings in bestaande wetgewing te vernou en beskerming verder as tradisionele indiensneming uit te brei. Nkululeko Conco van Corruption Watch sê duidelikheid is nog op verskeie gebiede nodig, insluitend toesigmeganismes en die beperkte omvang van beskerming, veral rondom openbaarmakings aan die media:

