
Uerikua teer onthou by gedenkdiens
Loading player...
Politieke hoëlui, familie en vriende het Saterdag op Otjiwarongo saamgetrek om vir oulaas hulde aan wyle Swapo-parlementariër en ‘n voormalige goewerneur van Otjozondjupa, James Uerikua, te bring. Uerikua en sy 14-jarige seun is Paasvrydag in ‘n motorongeluk op die pad tussen Otjiwarongo en Okakarara oorlede. Namibië se voormalige eerste dame, Monica Geingos, was een van vele wat ‘n huldeblyk gelewer het. In haar roerende boodskap het sy onder meer gesê:

