Die ministerie van binnelandse sake het bewerings ontken dat hulle van voorneme is om buitelandse vragmotorbestuurders ten koste van Namibiërs in diens te neem. Margaret Kalo, die woordvoerder van die ministerie, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê beweringe wat op sosiale media versprei word, is onwaar:
Die Gautengse Departement van Gesondheid het met kommer kennis geneem van 'n skerp styging in malariagevalle en verwante sterftes regoor die provinsie. Kealeboga Mohajane van die departement sê onlangse waarnemings dui op 'n kommerwekkende styging in beide malaria-infeksies en sterftes. Sy sê tussen Januarie en Desember 2025 is 666 malariagevalle…
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens kritiseer die Sunday Times wat uitgelekte beëdigde verklarings gepubliseer het wat verband hou met ondersoeke na dwelm-verwante misdaadnetwerke in die land. Die koerant het ʼn beëdigde verklaring van ʼn gewilde platejoggie gepubliseer wat ʼn sluipmoordpoging oorleef het en wat verband hou met dwelmhandel in die nagklub-bedryf. Die…
Manchester City is met een wedstryd oor slegs drie punte agter die Premierliga-voorlopers, Arsenal, wat gisteraand op die Etihad-stadion met 2-1 verslaan is. Rayan Cherki het aan City die voorsprong besorg, maar Arsenal het sake binne sekondes met Kai Havertz se doel gelykop gemaak. Erling Haaland se doel in die…
Die Springbok-sewes het Argentinië met 35-7 verslaan om hul eerste titel ooit in Hongkong te verower in die eerste been van vanjaar se Wêreldkampioenskap-reeks van drie toernooie. Die Blitsbokke het vyf drieë teen een gedruk. Dit is Suid-Afrika se vierde agtereenvolgende titel, met die vorige drie in Perth, Vancouver en…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.