
SA se gesondheidstelsel is in krisis
Loading player...
'n Regspraktisyn, dr. Robyn Conradie, doen 'n beroep op die regering en die Departement van Gesondheid om dringend dienslewering in die openbare gesondheidsektor te prioritiseer. Die Suid-Afrikaanse openbare gesondheidsektor beleef 'n ernstige finansiële krisis, dikwels beskryf as 'n fiskale afgrond, gedryf deur chroniese onderbefondsing, beduidende skuld en krimpende skenkersteun. Conradie het aan Newzroom Afrika gesê korrupsie en wanbestuur laat Suid-Afrika se openbare gesondheidsektor in duie stort:

