Insette vir SA se geskiedeniskurrikulum met 30 dae verleng

Loading player...
Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, het die tydperk om kommentaar te lewer oor die konsep-geskiedenisleerplan en assessering-beleidsverklarings vir graad 4 tot 12 weens openbare belangstelling met 30 dae verleng. Die veranderinge aan die leerplan het met die werk van die ministeriële taakspan vir Geskiedenis begin wat aanvanklik in 2015 deur oudminister Angie Motshekga aangestel is. Die departement se woordvoerder, Terrence Khala, sê die openbare belangstelling wys daar is geen vooropgestelde uitkomste vir die proses nie:
20 Apr 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Mandelson se bande met China het hom sekuriteitsrisiko gemaak

In Brittanje sal premier Keir Starmer vanmiddag aan die parlement moet verduidelik hoe hy nie geweet het dat sy verkose ambassadeur na die VSA, Peter Mandelson, in sy sekuriteitstoetse en -keuring misluk het. Maar, om die herrie opsy te sit, wil dit voorkom dat sy noue bande met China en…
20 Apr 6AM 1 min

Bank Windhoek stel WhatsApp-bankdienste bekend

Bank Windhoek het die eerste bank in Namibië geword wat bankdienste deur WhatsApp bekendstel. Die innovasie, wat vanoggend bekendgestel is, stel kliënte in staat om saldo's na te gaan, elektrisiteit en lugtyd te koop, mini-bankstate na te gaan, fondse oor te dra en ondersteuning te kry. James Chapman, besturende direkteur…
20 Apr 6AM 1 min

Giordano se aanmerkings is pure imperialisme

Amerika se ambassadeur in Namibië, John Giordano, se uitlatings dat die VSA meer uraaninvoere uit die land oorweeg en selfs daaraan dink om groter produksie te ondersteun deur beleggings in mynbou en staatsfinansiering, lok kommentaar van politieke kenners uit. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie by dr. Henning Melber, ‘n Namibies-Duitse…
20 Apr 6AM 1 min

DBV hou weer snuffelmark

Die Dierebeskermingsvereniging in Windhoek gaan vandeesweek weer 'n snuffelmark aanbied. Verskeie produkte en items sal te koop wees. Kosmos 94.1 Nuus het met Kristien van Zyl, die hondeversorgingskoördineerder van die DBV, oor die geleentheid gepraat:
20 Apr 6AM 1 min