Starmer sê sy oordeel oor Mandelson was verkeerd

Loading player...
Die Verenigde Koninkryk se eerste minister, Keir Starmer, sê hy sou Peter Mandelson nooit as Britse ambassadeur in Amerika aangestel het as hy geweet het sy keuring-vereistes was onsuksesvol nie. Die 72-jarige Mandelson het volgens berigte mark-sensitiewe regeringsinligting aan die veroordeelde pedofiel, wyle Jeffrey Epstein oorgedra terwyl hy van 2008 tot 2010 ʼn minister was. Starmer het aan die Laerhuis gesê sy oordeel om Mandelson aan te stel, was verkeerd:
21 Apr 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Fitosanitêre stelsels moet by ontwikkelingsagenda ingesluit word

Sanitêre- en fitosanitêre stelsels, of SPS’e, staan sentraal in Namibië se handelsmededingendheid en ekonomiese veerkragtigheid, sê die voorsitter van die Nasionale Sanitêre en Fitosanitêre Komitee, Mesag Mulunga. Mulunga het tydens ‘n slypskool vir die tegniese komitees van dié liggaam gesê marktoegang, uitvoerdiversifisering en waardeketting-ontwikkeling is afhanklik van ’n geloofwaardige en…
21 Apr 4AM 1 min

Vertraging in toediening van BKS-spuite in Gauteng wek kommer

Die DA sê die stadige uitrol van bek-en-klouseer-entstowwe in Gauteng plaas vee in gevaar en skep onsekerheid vir boere. Volgens die party is slegs 133 000 van die meer as 284 000 beplande dosisse toegedien, terwyl rekenskap van 150 000 dosisse nog nie gelewer is nie, en meer as 240…
21 Apr 4AM 1 min

ANC verras deur nuwe burgemeesters voor verkiesing aan te stel

Die ANC sê hulle sal sommige burgemeesterskandidate aanstel voor die komende plaaslike regeringsverkiesing, in 'n stap wat afwyk van sy tradisionele benadering. Die nuwe proses is daarop gemik om bekwame en etiese leierskap te verseker, veral in metropolitaanse gebiede en sleutelmunisipaliteite. Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, sê die…
21 Apr 3AM 1 min

VN se Fletcher veroordeel oorlog, en taal

Die Verenigde Nasies het by monde van sy sekretaris-generaal vir Humanitêre Sake en die Koördinering van Noodleniging, Tom Fletcher, Amerika se besteding op die Iranse oorlog gekritiseer en sê die geld kan meer as 87-miljoen lewens red. Berigte dui daarop dat die Amerikaanse konflik met Iran Amerika daagliks nagenoeg 32,7…
21 Apr 3AM 1 min