
Aopa waarsku oor kritieke tekort in burgerlugvaart
Loading player...
'n Nuwe witskrif oor die lugvaartbedryf van die Vliegtuigeienaars- en Vlieëniersvereniging van Namibië waarsku teen 'n kritieke tekort aan kommersiële vlieëniers en vluginstrukteurs, met net meer as 200 aktiewe lisensiehouers landwyd en 'n aanvraag wat die aanbod ver oortref. Dit terwyl werkspermitte nie vir buitelanders goedgekeur word nie. Die vlug-vereniging Aopa se uitvoerende hoof, Matt Totten, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat plaaslike vlieëniers ten volle in diens geneem word en dat die opleiding van plaaslike vlieëniers befondsing vereis wat nie daar is nie.

