
Eskom se ondersoeke na misdadige verkryging amper voltooi
Loading player...
Eskom sê sy interne ondersoek na moontlike onreëlmatighede met die verkryging van diesel en bergingskontrakte is byna afgehandel. Die Appèlhof het die kragvoorsiener opdrag gegee om AfriForum toegang te gee tot sekere steenkool-, diesel- en vervoerkontrakte volgens die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting. Eskom-woordvoerder Daphne Mokwena sê die ondersoek wat gedoen word deur die pasgestigte Departement van Groep-ondersoeke en Sekuriteit, bly onderworpe aan interne beheer-, regs- en versekeringsprosesse:

