
Waar's GRN se solidariteit met Kuba?
Loading player...
Kuba se ekonomie is lamgelê weens 'n Amerikaanse embargo op olie en ander middels teen die land. Namibië en Kuba het sterk bande weens Kuba se hulp tydens die onafhanklikheidstryd, en die Nasionale Vergadering het vroeër aangekondig hulle is besig met 'n nasionale solidariteitsplan om Kuba te help. Kritiek begin opduik dat Namibië net mooi woorde het en nie regtig hulp kan verleen wanneer dit nodig is nie. Kosmos 94.1 Nuus het met parlementêre Speaker Saara Kuugongelwa-Amadhila gepraat.

