
O&L heet nou OL, onder nuwe handelsmerk
Loading player...
O&L het 'n nuwe blaadjie omgeslaan en 'n handelsmerkverandering ondergaan na OL. Die grootste Namibiese privaatsektor maatskappy poog nou om 'n bedryfswins van 2,5 miljard Namibiese dollar teen 2029 te maak. Die maatskappy se nuwe slagspreuk lees "One OL. One Persona. One Future.” OL sal die nuwe identiteit oor die komende maande oor sy filiale uitrol. Kosmos 94.1 Nuus het met die hoof uitvoerende beampte van OL, Sven Thieme gepraat.

