Kan kommunikasie jou verhouding red?

Loading player...
Madeleen Steenkamp, ’n kliniese sielkundige van Bloemfontein wat in verhoudings spesialiseer, deel met ons die twee belangrikste boustene van ’n gesonde verhouding – intimiteit en kommunikasie.

In hierdie gesprek verduidelik Madeleen hoe hierdie twee aspekte van kardinale belang is om ’n verhouding sterk te hou en hoe paartjies dit doelbewus kan ontwikkel. Sy deel ook ’n praktiese voorbeeld van ’n spesifieke kommunikasietegniek, wat in die vorm van ’n gereelde afspraak gebruik kan word om konflik op ’n gesonde manier uit te werk en terselfdertyd jou maat op ’n dieper, meer emosionele vlak te leer ken.

Dit gaan dus nie net daaroor om probleme op te los wanneer dinge verkeerd loop nie, maar om doelbewus tyd te maak om mekaar se harte, behoeftes en gevoelens beter te verstaan.

Pulane Nel-Sekepe deel ook haar eie ervaring van hoe hierdie tegniek ’n positiewe verskil in haar huwelik gemaak het en hoe dit haar en haar maat gehelp het om mekaar beter te verstaan en hul kommunikasie te versterk.
7 Sep Afrikaans South Africa Leisure · Personal Journals

Other recent episodes

Is Verhoudingsterapie dalk die ding vir jou in 2027?

Vir 2027 skop Pulane Nel-Sekepe en kliniese sielkundige en verhoudingspesialis Madeleen Steenkamp die jaar af met ’n paar wyse woorde vir paartjies in Sentraal-Suid-Afrika: Moenie wag totdat iets verkeerd is voordat jy aandag aan jou verhouding gee nie. Dink 'n bietjie daaroor: Al is jy nie siek nie, gaan jy…
11 Nov 7 min

Moet jy praat of stilbly as iets pla?

As jou maat iets doen wat jou pla, of iets wat jy voel verkeerd is, moet jy daaroor praat of eerder stilbly? Dit is ’n moeilike onderwerp wat Madeleen Steenkamp en Pulane Nel-Sekepe tydens Truth Thursday bespreek. Dit kan dalk iets kleins wees wat jou irriteer. Jy besluit om dit…
30 Oct 9 min

Hoeveel 'baggage' sleep jy saam na jou volgende verhouding?

Madeleen Steenkamp, kliniese sielkundige van Bloemfontein wat in verhoudings spesialiseer, gesels met Pulane Nel-Sekepe oor ’n onderwerp wat al dikwels in gesprekke oor nuwe verhoudings opduik: daardie sogenaamde “baggage” wat ’n mens uit ’n vorige verhouding kan saamdra. Maar hoe weet jy of jy nog emosionele seer uit die verlede…
28 Oct 8 min

Moenie ophou om 'kêrel en meisie' te wees wanneer julle ouers word nie

Hoe beïnvloed kinders ’n verhouding of huwelik? Dit is die vraag wat Pulane Nel-Sekepe aan verhoudingskenner en kliniese sielkundige Madeleen Steenkamp stel in dié gesprek. Madeleen beklemtoon hoe belangrik dit is dat paartjies nie toelaat dat hul identiteit as pappa en mamma hul verhouding as kêrel en meisie heeltemal oorneem…
27 Oct 7 min

Emosionele vs Fisiese behoeftes

"Hy sorg vir haar hart – sy sorg vir sy lyf" Wyse woorde van Madeleen Steenkamp tydens haar gesprek met Pulane Nel-Sekepe in dié episode van Truth Thursday. Madeleen verduidelik hoe mans fisiese aanraking dikwels as ’n uitdrukking van liefde ervaar, terwyl vroue se behoefte aan emosionele verbinding soms eerste…
26 Oct 6 min