Namibia Daireis opgradeer melk-produksie toerusting

Loading player...
Namibia Dairies het 54,5 miljoen Namibiese dollar in nuwe toerusting belê om melkproduksie te verbeter. Die maatskappy het ’n moderne vul-lyn in gebruik geneem wat toerusting vervang wat reeds meer as 15 jaar in bedryf was. Die nuwe tegnologie kan tot 8 000 verpakkings per uur vul, terwyl dit na verwagting produksie sal versnel en verpakkings-vermorsing sal beperk. Ohlthaver & List se uitvoerende voorsitter, Sven Thieme, sê die belegging sal ook help om die beskikbaarheid van plaaslik vervaardigde langlewemelk te versterk.
9 Nov 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Fokus op onafhanklike belastinghof in NV

Die parlement debatteer die Wysigingswetsontwerp op Inkomstebelasting, wat voorsiening maak vir ’n onafhanklike belastinghof onder die Hooggeregshof. Tydens die debat het Swapo-LP Werner Iita gesê dat die verwydering van ministeriële beheer sal help om agterstallige belastingsake af te handel en beleggersvertroue te versterk.
14 Nov 4AM 1 min

EU waarsku teen aflei-taktiek deur Rusland

Die hoof van buitelandse beleid by die Europese Unie, Kaja Kallas, het gewaarsku Rusland probeer om die aandag af te lei van sy aggressie teen Oekraïne deur die kwessie van Europese veiligheid te opper. Moskou dring aan Europa se breër veiligheidsargitektuur moet heronderhandel word as deel van enige vredesgesprekke. Ná…
14 Nov 3AM 1 min

Motorsport: Nasionale tydrenkampioenskap laat Swakop brul

Die enjins brul en die stof staan behoorlik op Swakopmund tydens die vyfde en laaste ronde van die nasionale tydrenkampioenskap. Die eerste motors het Vrydagaand om sesuur by Steckels Toyota weggespring, met drie van die elf sneltrajekte wat reeds afgehandel is. Die tydren strek oor net meer as 196 kilometer,…
14 Nov 2AM 1 min