SA Regering maan raadslede tot integriteit

Loading player...
Die Suid-Afrikaanse regering het na verlede week se plaaslike regering-verkiesing nuutverkose raadslede aangemoedig om gemeenskappe met integriteit, deursigtigheid en verantwoordbaarheid te dien. Die regering het Suid-Afrikaners gelukgewens met hul deelname aan die verkiesing, en die Verkiesingskommissie, die polisie en ander belanghebbendes geprys nadat hulle verseker het die verkiesing het veilig, vry en regverdig verloop. Die adjunk-regeringswoordvoerder, William Baloyi, het 'n beroep op gemeenskappe gedoen om saam met hul raadslede te werk ten einde beter en veiliger munisipaliteite te bou.
9 Nov 10PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Fokus op onafhanklike belastinghof in NV

Die parlement debatteer die Wysigingswetsontwerp op Inkomstebelasting, wat voorsiening maak vir ’n onafhanklike belastinghof onder die Hooggeregshof. Tydens die debat het Swapo-LP Werner Iita gesê dat die verwydering van ministeriële beheer sal help om agterstallige belastingsake af te handel en beleggersvertroue te versterk.
14 Nov 4AM 1 min

EU waarsku teen aflei-taktiek deur Rusland

Die hoof van buitelandse beleid by die Europese Unie, Kaja Kallas, het gewaarsku Rusland probeer om die aandag af te lei van sy aggressie teen Oekraïne deur die kwessie van Europese veiligheid te opper. Moskou dring aan Europa se breër veiligheidsargitektuur moet heronderhandel word as deel van enige vredesgesprekke. Ná…
14 Nov 3AM 1 min

Motorsport: Nasionale tydrenkampioenskap laat Swakop brul

Die enjins brul en die stof staan behoorlik op Swakopmund tydens die vyfde en laaste ronde van die nasionale tydrenkampioenskap. Die eerste motors het Vrydagaand om sesuur by Steckels Toyota weggespring, met drie van die elf sneltrajekte wat reeds afgehandel is. Die tydren strek oor net meer as 196 kilometer,…
14 Nov 2AM 1 min