Vroeë somerbuie voorspel vir groot dele van Namibië

Loading player...
Met maksimum temperature van 31 grade in Windhoek, 34 in Ondangwa en 39 in Keetmanshoop, kan Namibiërs vandag ook op 'n bietjie reën en verligting van die hitte hoop. Weerkenner George van der Merwe sê vroeë somer-donderbuie word oor sentraal-, noordelike en noordoostelike Namibië verwag, met moontlik swaar neerslae wat ook in Windhoek verwag kan word.
9 Nov 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Fokus op onafhanklike belastinghof in NV

Die parlement debatteer die Wysigingswetsontwerp op Inkomstebelasting, wat voorsiening maak vir ’n onafhanklike belastinghof onder die Hooggeregshof. Tydens die debat het Swapo-LP Werner Iita gesê dat die verwydering van ministeriële beheer sal help om agterstallige belastingsake af te handel en beleggersvertroue te versterk.
14 Nov 4AM 1 min

EU waarsku teen aflei-taktiek deur Rusland

Die hoof van buitelandse beleid by die Europese Unie, Kaja Kallas, het gewaarsku Rusland probeer om die aandag af te lei van sy aggressie teen Oekraïne deur die kwessie van Europese veiligheid te opper. Moskou dring aan Europa se breër veiligheidsargitektuur moet heronderhandel word as deel van enige vredesgesprekke. Ná…
14 Nov 3AM 1 min

Motorsport: Nasionale tydrenkampioenskap laat Swakop brul

Die enjins brul en die stof staan behoorlik op Swakopmund tydens die vyfde en laaste ronde van die nasionale tydrenkampioenskap. Die eerste motors het Vrydagaand om sesuur by Steckels Toyota weggespring, met drie van die elf sneltrajekte wat reeds afgehandel is. Die tydren strek oor net meer as 196 kilometer,…
14 Nov 2AM 1 min