Maroela Media Operasie Umbra

Operasie Umbra

In ‘Operasie Umbra’ het direkteur Frans Ludik sy hande vol om vas te stel wat regtig destyds met die aftakeling van Suid-Afrika se kernwapenprogram gebeur het. Hy besef gou heelwat geheime uit die verlede is na die hede oorgedra. Dis of die kernsage van vroeër hom opnuut in Gansvlei afspeel. Geraamtes tuimel uit kaste. Umbra is nie verniet die donkerste deel van ʼn skaduwee nie.
Hierdie radiodrama is nou te koop by https://maroelawinkel.co.za/collections/frontpage/products/operasie-umbra

‘Operasie Umbra’ is ʼn spanningsvolle radiodrama uit die pen van Joe Kleinhans. Die verhaal van 120 episodes word deur Bettie Kemp, in samewerking met Maroela Media, vervaardig.
Afrikaans South Africa Drama
120 Episodes
60 – 80

Operasie Umbra – Episode 61

Hartseer trek ʼn donker gordyn oor Gansvlei. Daar is ʼn tyd om gebore te word en ʼn tyd om te sterwe. Brand van Blerck en Karien Carstens deel mekaar se hartseer. Dit is ʼn kuier wat op die dorpsplein eindig. En toe sorg die “dorpsplein” nog eens vir ʼn opskudding!
Season 1 / Episode 61 9 min

Operasie Umbra – Episode 62

Malan van Wyk besoek Gansvlei Ouetehuis, erg ongelukkig oor Brand van Blerck se optrede: “Ek dog ek en jy verstaan mekaar na my vorige besoek.” Waaroor gaan die jongste herrie? Dit word ʼn besoek wat Malan nie gou sal vergeet nie.
Season 1 / Episode 62 8 min

Operasie Umbra – Episode 63

Direkteur Frans Ludik kry ʼn blink plan, maar agent Roux Koekemoer moet die spit afbyt om dit te laat gebeur. Professor Herman Saunders se testament sorg vir ʼn reuse-opskudding.
Season 1 / Episode 63 8 min

Operasie Umbra – Episode 64

Malan van Wyk wil teen die mure uitklim van frustrasie omdat hy nie weet waar sy ma is nie. Dis of sake erg skeef verloop elke keer wanneer Malan sy voete by Gansvlei Ouetehuis sit. Vandag is geen uitsondering nie.
Season 1 / Episode 64 7 min

Operasie Umbra – Episode 65

Malan van Wyk se woedebui neem eerder toe as af. Hy loop opgewerk rond en deel beskuldigings uit. Maar soms is dit of woede net nog slegter en meer verrassende tydings ontketen.
Season 1 / Episode 65 8 min

Operasie Umbra – Episode 66

Matrone Gerda Bruinders geniet haar gate uit in Sun City. Dit word ʼn verlof vol opwinding maar ook ontnugterende verrassings. Tyd word ʼn faktor vir direkteur Frans Ludik om die loodsilinders met verrykte uraan te kry.
Season 1 / Episode 66 9 min

Operasie Umbra – Episode 67

Agent Roux Koekemoer besluit dis tyd om die handskoene uit te trek en Francis Gerwel met vuurwerk te bestook. Hy betrap haar heeltemal onkant. Matrone Gerda Bruinders is stom toe sy hoor wat alles besig is om in die ouetehuis te gebeur.
Season 1 / Episode 67 8 min

Operasie Umbra – Episode 68

Agent Roux Koekemoer is heel in sy skik en spog by direkteur Frans Ludik oor sy sessie met Francis Gerwel: “Sy het eers rooi en toe spierwit geword. Sy het nie gedink Intelligensie hou haar so fyn dop nie.” Maar dit bring die agente nie nader aan hulle kopseer oor…
Season 1 / Episode 68 8 min

Operasie Umbra – Episode 69

Projek Moria vorder fluks en Karien Carstens is opgewonde. Maar soos dit deesdae maar in Gansvlei gaan, is daar gou ʼn donker wolk wat geen silwer randjie het nie. Wie se teenwoordigheid bring hierdie donker wolk? ʼn Belangrike besluit word geneem.
Season 1 / Episode 69 8 min

Operasie Umbra – Episode 70

Matrone Gerda Bruinders se kuiertjie in Sun City lewer verdere verrassings en skokke op. Sy kry selfs ʼn onverwagse aanbod.
Season 1 / Episode 70 9 min

Operasie Umbra – Episode 71

Matrone Gerda Bruinders ry voet in die hoek van Sun City na Leliefontein Hotel toe om persoonlik aan direkteur Frans Ludik verslag te doen oor die oggend se skokke. Maar dis nie waar dit daardie aand eindig nie.
Season 1 / Episode 71 8 min

Operasie Umbra – Episode 72

Die belangrike Vrydagoggend breek uiteindelik aan om die Van Blerck- standbeeld te onthul. Die toespraak beïndruk die gaste, maar daar is ook tyd vir ʼn dwarsklap of twee. Vir twee gaste eindig die dag op dramatiese wyse.
Season 1 / Episode 72 8 min

Operasie Umbra – Episode 73

Agent Roux Koekemoer is in die moeilikheid en Karien Carstens is diep bekommerd: “Jou hemp is vol bloed. Jy moet by die hospitaal kom.” Die jongste gebeure druk die onthulling van die Van Blerck-standbeeld vinnig van die ‘Gansvleinuus’ se voorblad af.
Season 1 / Episode 73 8 min

Operasie Umbra – Episode 74

Dis of die probleme op Gansvlei kleintjies kry. As Brand van Blerck omgekrap is, tel hy gewoonlik nie sy woorde nie. En soms is dit nie wys nie.
Season 1 / Episode 74 9 min

Operasie Umbra – Episode 75

Malan van Wyk is buite homself van woede. Dit gee aanleiding tot ʼn noodvergadering van Gansvlei Koöperasie se direksie. ʼn Drastiese besluit word geneem.
Season 1 / Episode 75 9 min

Operasie Umbra – Episode 76

Karien Carstens neem agent Roux Koekemoer na ʼn adres wat sy by Magda Manders kry. Waarop kom hulle af? Die Gansvlei Hotel is ekstra bedrywig. Die dag eindig op ʼn skokkende noot.
Season 1 / Episode 76 9 min

Operasie Umbra – Episode 77

Direkteur Frans Ludik gee matrone Gerda Bruinders ʼn instruksie waarvan sy nie hou nie: “Soms vat ons een vir die span, Matrone!” Waaroor gaan dit? Karien Carstens is onverwags in groot moeilikheid.
Season 1 / Episode 77 8 min

Operasie Umbra – Episode 78

Janine Koekemoer verstom Gansvlei deur uit die bloute daar op te daag. En sy is op ʼn missie met ʼn klomp ammunisie in die hand. Sy is onverskrokke en doen wat gedoen moet word. Wie maak sy met die intrapslag bymekaar?
Season 1 / Episode 78 8 min

Operasie Umbra – Episode 79

Agent Roux Koekemoer neem Janine Koekemoer vir ʼn vlug oor Gansvlei. Na die vlug wag direkteur Frans Ludik hulle in en die oomblik van waarheid breek aan.
Season 1 / Episode 79 8 min

Operasie Umbra – Episode 80

Direkteur Frans Ludik kap sy hakke in die grond en verander van strategie. Agent Roux Koekemoer word gekapittel: “Vind uit wat het van Jeffrey se ou kombi geword. Praat met die plaasmense.” Die direkteur kry ʼn skokkende bekentenis of twee.
Season 1 / Episode 80 9 min
60 – 80