Maroela Media Operasie Umbra

Operasie Umbra

In ‘Operasie Umbra’ het direkteur Frans Ludik sy hande vol om vas te stel wat regtig destyds met die aftakeling van Suid-Afrika se kernwapenprogram gebeur het. Hy besef gou heelwat geheime uit die verlede is na die hede oorgedra. Dis of die kernsage van vroeër hom opnuut in Gansvlei afspeel. Geraamtes tuimel uit kaste. Umbra is nie verniet die donkerste deel van ʼn skaduwee nie.
Hierdie radiodrama is nou te koop by https://maroelawinkel.co.za/collections/frontpage/products/operasie-umbra

‘Operasie Umbra’ is ʼn spanningsvolle radiodrama uit die pen van Joe Kleinhans. Die verhaal van 120 episodes word deur Bettie Kemp, in samewerking met Maroela Media, vervaardig.
Afrikaans South Africa Drama
120 Episodes
80 – 100

Operasie Umbra – Episode 81

Brand van Blerck besluit dis tyd vir ʼn ernstige gesprek met matrone Gerda Bruinders: “Die Nederlanders glo: berou vernietig jou skuld, dit gee jou ʼn tweede onskuld.” Brand en Francis Gerwel is die gaste van die ‘Gansvleinuus’ en wat veronderstel is om ʼn heerlike kuieroggend te wees, word deur ʼn…
Season 1 / Episode 81 8 min

Operasie Umbra – Episode 82

Die Sondagoggend skop af met groot drama wat net erger en erger word. Daar is ʼn brand op ʼn plaas en ʼn sleutelpersoon raak skielik soek.
Season 1 / Episode 82 8 min

Operasie Umbra – Episode 83

Brand van Blerck en matrone Gerda Bruinders is gaste by projek Moria se openingsdag, maar ʼn onbekende vrou bederf so byna hulle dag. Agent Roux Koekemoer se hulp word noodgedwonge ingeroep. Noodsituasies noodsaak soms noodoptrede en dis presies waarop Roux besluit.
Season 1 / Episode 83 8 min

Operasie Umbra – Episode 84

Direkteur Frans Ludik besluit op ʼn openhartige gesprek met Malan van Wyk: “Kom ons praat eerder oor hoekom jy vir almal wegkruip.” Matrone Gerda Bruinders kry ʼn buitengewone versoek. Sy woon ʼn gimnasiumsessie by wat nie volgens plan verloop nie.
Season 1 / Episode 84 8 min

Operasie Umbra – Episode 85

Agent Roux Koekemoer lig direkteur Frans Ludik in oor sy lang nag in die prokureur se kantoor. Weet hulle nou waar Suzette Saunders is? Die bouwerk aan Karien Carstens se nuwe gastehuis begin met ʼn onaangename verrassing.
Season 1 / Episode 85 9 min

Operasie Umbra – Episode 86

Janine Koekemoer neem Brand van Blerck vir meer as een rede op ʼn toer. Die uitstappie verstom Brand: “Ek is sprakeloos,” is sy kommentaar want soos die uitstappie vorder spring die verrassings een na die ander uit.
Season 1 / Episode 86 8 min

Operasie Umbra – Episode 87

Volgende week se direksievergadering van die Van Blerck Trust is nie verniet ʼn buitengewone vergadering nie. Brand van Blerck het belangrike besluite om te neem. En ʼn spesiale versoek maak sake nie makliker nie.
Season 1 / Episode 87 8 min

Operasie Umbra – Episode 88

Suzette Saunders is soek en dit veroorsaak eindelose hoofpyne vir haar seun Malan. Hy is vasbeslote om sy ma op te spoor en betrek matrone Gerda Bruinders by sy soektog. Maar dinge draai anders uit as wat beplan is.
Season 1 / Episode 88 9 min

Operasie Umbra – Episode 89

Janine Koekemoer is op en wakker en sy kyk met nuwe oë na die uitdagings. Haar speurtalent oortref die staatsveiligheidsagente s’n. Vandag is sy op ʼn missie. Sy het ʼn sterk vermoede waar professor Herman Saunders van sy geheime kerndokumente weggesteek het.
Season 1 / Episode 89 8 min

Operasie Umbra – Episode 90

Buitelandse agente besorg Suid-Afrika se staatsveiligheidsagente hoofbrekens. Deurbrake is skaars. Dis eers wanneer die Koekemoer-egpaar besluit om saam te werk dat dinge begin gebeur. Maar die buitelandse agente is goed opgelei en nie minder nie as 42 kilogram verrykte uraan is op die spel.
Season 1 / Episode 90 9 min

Operasie Umbra – Episode 91

Soms voel party nagte net langer as ander. Agent Roux Koekemoer en Janine Koekemoer beleef so ʼn lang nag na ʼn baie noue ontkoming! Direkteur Frans Ludik wys sy staal en snel hulle te hulp. Maar Gansvlei is deesdae berug daarvoor dat ʼn skynbare oplossing net die begin van ʼn…
Season 1 / Episode 91 8 min

Operasie Umbra – Episode 92

Matrone Gerda Bruinders en Francis Gerwel begin ʼn nuwe hoofstuk in hulle lewens as direkteure van Gansvlei Koöperasie se direksie. Malan van Wyk het klaar nuwe planne wat hy dadelik in werking wil stel. Maar sy ma se skielike en onverklaarbare verdwyning pla hom so erg dat hy hoed in…
Season 1 / Episode 92 8 min

Operasie Umbra – Episode 93

Karien Carstens ontdek ʼn foto wat ʼn rou seer in haar oopruk. Dis of die legkaartstukke rondom haar ma se dood in plek val en sy sukkel om die verskriklike waarheid te verwerk.
Season 1 / Episode 93 9 min

Operasie Umbra – Episode 94

Karien Carstens is in opstand oor ‘Operasie Umbra’ en niks wat iemand sê kry haar kop gedraai nie. Maar sy sit met interessante inligting wat lig op sake kan werp. Gelukkig kom direkteur Frans Ludik by haar uit.
Season 1 / Episode 94 8 min

Operasie Umbra – Episode 95

Matrone Gerda Bruinders en Malan van Wyk word uit die hospitaal ontslaan. Hulle is met groot drama die hospitaal in… en hulle ontslag word met nog groter drama begroet.
Season 1 / Episode 95 9 min

Operasie Umbra – Episode 96

Dis nie meer ʼn geheim dat daar ʼn noue verbintenis tussen die Britse Intelligensie-agent Valeri Richter en Francis Gerwel is nie. Maar dit krap aan direkteur Frans Ludik wanneer Valeri vir Francis as boodskapper begin gebruik.
Season 1 / Episode 96 8 min

Operasie Umbra – Episode 97

Malan van Wyk wil ontplof nadat sy buitengewone vergadering nie verloop het soos hy gehoop het nie. Agent Roux Koekemoer vind op die harde manier uit dis nie so maklik om “speurder” te wees nie. Die dorpsplein sorg vir nog ʼn opskudding wat Gansvlei ruk.
Season 1 / Episode 97 9 min

Operasie Umbra – Episode 98

Robert Rothman se doen en late lewer steeds die een na die ander verrassing op. Skielik duik die hoekhuis in Kiewietstraat op. Janine Koekemoer moet weet wat van die huis geword het en wie nou daarin bly. Haar soektog lewer meer verrassings op.
Season 1 / Episode 98 9 min

Operasie Umbra – Episode 99

Dit blyk nou Robert Rothman se testament word streng volgens sy instruksies stuk-stuk bekend gemaak en afgehandel. Daarom hou die verrassings eenvoudig nie op nie. Sy huis in Gansvlei bly opslae maak. Die groot vraag is: Wie het die huis geërf?
Season 1 / Episode 99 9 min

Operasie Umbra – Episode 100

ʼn Ontvoering maak opslae en sorg vir ʼn paar verdwaasde mense. Gewoonlik word iemand vir ʼn losprys ontvoer maar in hierdie geval kan daar geen sprake daarvan wees nie. Wat sou die motief wees vir die ontvoering wat met soveel presiesheid uitgevoer is?
Season 1 / Episode 100 10 min
80 – 100