Maroela Media Operasie Umbra

Operasie Umbra

In ‘Operasie Umbra’ het direkteur Frans Ludik sy hande vol om vas te stel wat regtig destyds met die aftakeling van Suid-Afrika se kernwapenprogram gebeur het. Hy besef gou heelwat geheime uit die verlede is na die hede oorgedra. Dis of die kernsage van vroeër hom opnuut in Gansvlei afspeel. Geraamtes tuimel uit kaste. Umbra is nie verniet die donkerste deel van ʼn skaduwee nie.
Hierdie radiodrama is nou te koop by https://maroelawinkel.co.za/collections/frontpage/products/operasie-umbra

‘Operasie Umbra’ is ʼn spanningsvolle radiodrama uit die pen van Joe Kleinhans. Die verhaal van 120 episodes word deur Bettie Kemp, in samewerking met Maroela Media, vervaardig.
Afrikaans South Africa Drama
120 Episodes
100 – 120

Operasie Umbra – Episode 101

Sodra direkteur Frans Ludik besef wie Suzie Storm is, weet hy haar blyplek moet van ʼn kant af deursoek word. Agent Roux Koekemoer moet bontstaan want sy baas se lont is aan die kort kant. Roux wil nog wonder hoekom sy eksvrou Janine nie op sy boodskappe reageer nie, maar…
Season 1 / Episode 101 8 min

Operasie Umbra – Episode 102

Janine Koekemoer se verdwyning sorg vir een van die langste nagte wat Roux Koekemoer in ʼn lang tyd deurworstel. Wanneer Janine se motor in Leliefontein opduik gooi dit Roux nog meer van die spoor af. Dis ʼn nag van skokke.
Season 1 / Episode 102 11 min

Operasie Umbra – Episode 103

Die soektog na Janine Koekemoer word op die spits gedryf. Die ambulans loei deur die dorp se strate. Matrone Gerda Bruinders se dienste is sterk in aanvraag. Suzie Storm is nie die enigste vrou op die dorp wat soek is nie.
Season 1 / Episode 103 9 min

Operasie Umbra – Episode 104

Gansvlei Hospitaal is bedrywig. Die verhaal van die nagmerrienag word langer. Net toe dit lyk asof Malan van Wyk in stilte verdwyn het, maak hy sy verskyning, venyniger as voorheen. “Dis een man met wie jy nie swaarde wil kruis nie,” het Francis Gerwel nog laas gewaarsku. En sy was…
Season 1 / Episode 104 9 min

Operasie Umbra – Episode 105

Direkteur Frans Ludik is terug uit Pretoria met ʼn sakboekie vol notas en leidrade wat hy opvolg. Die gesegde lui, “ʼn foto is ʼn duisend woorde werd”. Direkteur Ludik haal nie een nie, maar twee foto’s uit sy sak.
Season 1 / Episode 105 8 min

Operasie Umbra – Episode 106

Die direkteur-generaal van die Staatsveiligheidsagentskap sit sy voet neer en gee direkteur Frans Ludik opdrag dat sy agente voortaan as ʼn eenheid moet jag maak op die vermiste koekblikke met verrykte uraan. Direkteur Ludik besluit Wilmien van Blerck se graf is die plek waar die nuwe eenheid sal begin.
Season 1 / Episode 106 9 min

Operasie Umbra – Episode 107

Karien Carstens kry vanuit ʼn onverwagte oord ʼn handvol nuttige getuienis oor delikate gebeure. Eers sorg dit vir ʼn ligte depressie, maar dan staan sy op om reg en geregtigheid te laat geskied. En waar sy gaan, bring sy ontnugtering. Maar nie almal aanvaar gelate die inkriminerende getuienis waarmee sy…
Season 1 / Episode 107 10 min

Operasie Umbra – Episode 108

Karien Carstens se voortvarendheid haal haar in. Brand van Blerck sit krom agter sy skootrekenaar en tik aan die verhaal van ‘Operasie Umbra’. Hy doen dit nie omdat hy dit wil doen nie, maar omdat hy nie sy laaste jare in ʼn tronk wil deurbring nie. Die vraag is: Hoeveel…
Season 1 / Episode 108 9 min

Operasie Umbra – Episode 109

ʼn Foto-album vertel in meer detail wat daardie noodlottige Saterdagmiddag gebeur het toe Victor Gerwel vermoor is. Dit is foto’s wat skok.
Season 1 / Episode 109 9 min

Operasie Umbra – Episode 110

Die lang dag kry nie klaar nie. Wat ook al tussen Brand van Blerck en Janine Koekemoer gebeur het, is hulle geheim, maar dat dit sake deurmekaar gekrap het, is seker. Matrone Gerda Bruinders glo aan draf en soos tevore lewer haar drawwery ʼn paar onaangename verrassings op.
Season 1 / Episode 110 11 min

Operasie Umbra – Episode 111

Dit blyk gou dat agent Roux Koekemoer en matrone Gerda Bruinders ʼn gedugte kombinasie is. Skielik gebeur dinge en direkteur Frans Ludik moet dringend Pretoria toe ry. Hierdie keer ry hy egter met ʼn lied in sy hart. Maar Gansvlei is nog vol skokke wat verwerk moet word… en dis…
Season 1 / Episode 111 9 min

Operasie Umbra – Episode 112

Die desperaatheid van ʼn situasie laat agente van alle kante die spelreëls verbreek en vuilspel is aan die orde van die dag. Janine Koekemoer se besluit om vroeër huiswaarts te keer, verloop nie volgens plan nie.
Season 1 / Episode 112 9 min

Operasie Umbra – Episode 113

Brand van Blerck is in ʼn toestand, soveel te meer na hy ʼn oproep kry. Die skuldgevoel vreet hom stuk-stuk op. ʼn Bekommerde direkteur Frans Ludik en matrone Gerda Bruinders span kragte saam. Direkteur Ludik ry agter sy ‘gutfeel’ aan.
Season 1 / Episode 113 9 min

Operasie Umbra – Episode 114

Elton Williams is ʼn gesogte man vir verskillende mense en om verskeie redes. Direkteur Frans Ludik besef dit en bedink ʼn plan. Die soeke na die verrykte uraan sorg vir nuwe en meer gedugte vennootskappe.
Season 1 / Episode 114 8 min

Operasie Umbra – Episode 115

Karien Carstens staan moedeloos voor Huis Moria, die projek waarvoor sy soveel omgee. Dis of die een na die ander ramp dit tref en sy kan niks daaromtrent doen nie. Sy klop by direkteur Frans Ludik aan om hulp en die twee begin om op ʼn lysie leidrade te konsentreer…
Season 1 / Episode 115 9 min

Operasie Umbra – Episode 116

Die dreigende konfrontasie tussen Malan van Wyk en Francis Gerwel kom al ʼn lang pad. Vandag is D-dag en die twee pak mekaar met al die geslepenheid en venyn waaroor elkeen beskik.
Season 1 / Episode 116 10 min

Operasie Umbra – Episode 117

Besonderhede van daardie noodlottige Saterdagmiddag toe Victor Gerwel vermoor is, kom aan die lig. Vir die eerste keer ná Magda Manders van haar erfporsie gehoor het, kry sy en Brand van Blerck ʼn geleentheid om gebeure te bespreek. Sy het ook ʼn goeie idee wie haar ontvoer het.
Season 1 / Episode 117 8 min

Operasie Umbra – Episode 118

Die ambulans jaag met twee gewondes hospitaal toe. Matrone Gerda Bruinders het dringend agent Roux Koekemoer se hulp nodig, maar sy is baie vaag oor waarheen én hoekom sy wil verdwyn.
Season 1 / Episode 118 8 min

Operasie Umbra – Episode 119

Magda Manders se skielike verdwyning het almal weer in rep en roer. Brand van Blerck kry ʼn oproep en hy weet sy vriendin het hom nodig. Maar sake verloop heeltemal anders as wat enigeen kon voorsien. Dit word ʼn nagmerrie van ʼn agtermiddag.
Season 1 / Episode 119 9 min

[Slot-episode] Operasie Umbra – Episode 120

In die slot-episode word die laaste raaisels ontknoop. Waar is die vervloekte verrykte uraan en wat het van die arme Mollie Manders geword? Gaan Brand van Blerck tronk toe of nie?
Season 1 / Episode 120 9 min
100 – 120