#WeeksdaeVibesMetVenita - Joe F | 7 Oktober

Loading player...
Na vier jaar van kreatiewe stilte is Joe F terug — en hierdie keer bring hy iets besonders. #WeeksdaeVibesMetVenita gesels met hierdie talentvolle liedjieskrywer en sanger oor sy splinternuwe album, "Jy Weet" — ’n viering van lewe, liefde en lig wat die hart én voete laat beweeg. Joe deel meer oor sy groot skuif na Nieu-Seeland, hoe hy daar uiteindelik sy unieke klank gevind het, en die manier waarop hy nou die Afrikaanse kultuur aan ’n internasionale gehoor bekendstel. Hulle gesels ook oor die titel-lied en hoof enkelsnit “Jy Weet”, en vat dit terug na die ikoniese MK-era waar sy musiekreis begin het met "Hou My Vas".
7 Oct 2025 English South Africa Music · Music Interviews

Other recent episodes

#ALT-Fokus met Venita - Robin Finch | 12 November

Hy is hierdie week Venita se #ALT-uitkyk en hy is beslis iemand om dop te hou. Robin Finch gesels met Venita oor sy nuutste enkelsnit 2nd Chance en óók sy EP Reflections wat die hoofstukke van 'n mens se lewe mooi opsom en help vertel.
12 Nov 17 min

#WeeksdaeVibesMetVenita - Hugh Lynn | 20 Oktober

Venita en Hugh Lynn op #WeeksdaeVibes? 'BESTIES FOR THE RESTIES!' Van baie lag en lekker VIBES tot ’n gesprek uit die hart. Venita het met Hugh Lynn gesels oor sy nuwe enkelsnit “Hemel”– ’n besonderse persoonlike liedjie wat gebore is uit verlies, rou en uiteindelik ook liefde. Al kan Hugh…
20 Oct 34 min