Nog 66 jeuggeleide projekte kry N$37,7 miljoen befondsing

Loading player...
Die finansministerie het 66 nuwe suksesvolle aansoekers onder die Nasionale Jeugontwikkelingsfonds aangekondig. Die tweede groep word 37,7 miljoen Namibiese dollar toegeken vir jeuggeleide projekte in alle streke. Daar word verwag dat dit 404 werksgeleenthede sal skep in sektore wat wissel van landbou en hernubare energie tot toerisme, afvalbestuur en groen vervoer. Die eerste groep van 42 projekte is 14,7 miljoen dollar toegeken. Woordvoerder Wilson Shikoto het meer Kosmos 94.1 Nuus gedeel.
25 Nov 2025 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Groenwaterstofprogram begin konsultasies vir uitvoeringsplan

Die Namibië Groenwaterstofprogram het landwye konsultasies van stapel gestuur om tot 250 miljoen Amerikaanse dollar in klimaatsbeleggings te ontsluit. Jona Musheko het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die eerste stop is hierdie week Walvisbaai. Die regering, gemeenskapsleiers en rolspelers in die bedryf sal help om 'n plan te vorm wat…
23 Apr 8AM 1 min

Cosatu verheug oor 'geen beurtkrag in winter'

Die vakverbond Cosatu verwelkom Eskom se positiewe uitkyk dat geen beurtkrag in die komende winter verwag word nie. Die kragverskaffer sê hy het gevorder van korttermynherstel na ʼn fase van bestendigheid en volgehoue energiesekerheid. Dit verseker dat huise, sakeondernemings en nywerhede deur die wintermaande elektrisiteit sal hê. Cosatu se woordvoerder…
23 Apr 8AM 1 min

Eskom se ondersoeke na misdadige verkryging amper voltooi

Eskom sê sy interne ondersoek na moontlike onreëlmatighede met die verkryging van diesel en bergingskontrakte is byna afgehandel. Die Appèlhof het die kragvoorsiener opdrag gegee om AfriForum toegang te gee tot sekere steenkool-, diesel- en vervoerkontrakte volgens die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting. Eskom-woordvoerder Daphne Mokwena sê die…
23 Apr 6AM 1 min

Iran het nie die magtige posisie wat mense dink hy het nie

Alexander Dragonetti is 'n voormalige Britse diplomaat en krisisleier, sê Iran is nie in so ‘n magtige posisie soos wat mens sou dink, om onderhandelinge met die VSA te dryf nie. Hy voer aan in die korttermyn loop alles vlot maar, die prentjie lyk heeltemal anders in die medium termyn…
23 Apr 6AM 1 min

Groot kommer oor planne om Zambezi-rivier te bagger

Terwyl Namibië en Zambië beplan om die Zambezirivier te bagger in 'n poging om ernstige seisoenale oorstromings te verminder, is nie almal oortuig dat dit die regte oplossing is nie. Die regering sê die verdieping van die rivier sal help om gemeenskappe in die vloedgeteisterde gebied te beskerm, maar plaaslike…
23 Apr 5AM 1 min