Die Motorbedryf-personeelvereniging doen 'n beroep op motoriste om toenemende konfrontasies op paaie te vermy, aangesien oomblikke van woede agter die stuur verwoestende en onomkeerbare gevolge kan hê. Die beroep volg op die noodlottige padwoede-voorval Sondag in Emmarentia in Johannesburg. Phakamile Hlubi-Majola van die vereniging vra vir kalmte, selfbeheersing en groter…
Oekraïne se president Volodymyr Zelensky sê sy land is gereed vir enige vorm van onderhandelinge met Rusland. Hy sê dis ʼn groot risiko om te dink pogings om gevegte te beëindig kan eers weer begin as die konflik in Iran verby is. Hy het aan CNN gesê die oorlog in…
Die land beleef groot kuberveiliheid-uitdagings en die Namibiese Wetenskaplike Vereniging sal volgende Dinsdag via Zoom 'n praatjie oor kuberveiligheid vir kleinbesighede aanbied wat fokus op e-pos- en rekeningsekuriteit. Andrew Fordred, 'n kuberveiligheidskenner en voormalige intelligensiebeampte in die Suid-Afrikaanse polisie, wat die sessie sal aanbied, vertel aan Kosmos 94.1 Nuus dat…
Lugvaartkenner dr. Guy Leitch verwelkom vervoerminister Veikko Nekundi se eis dat vlugkaartjiepryse op die Ondangwa-roete moet verlaag. Nekundi het die maatskappy ses maande gegee om die pryse meer bekostigbaar te maak en gesê dat hy bereid is om die wet te wysig en prysbeheer in te stel. Leitch het aan…
'n Nuwe witskrif oor die lugvaartbedryf van die Vliegtuigeienaars- en Vlieëniersvereniging van Namibië waarsku teen 'n kritieke tekort aan kommersiële vlieëniers en vluginstrukteurs, met net meer as 200 aktiewe lisensiehouers landwyd en 'n aanvraag wat die aanbod ver oortref. Dit terwyl werkspermitte nie vir buitelanders goedgekeur word nie. Die vlug-vereniging…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.