AfriForum sê die vlak van geweld in plaasaanvalle bly kommerwekkend hoog, al het plaasmoorde effens gedaal. Volgens hul jongste verslag oor plattelandse misdaad het die organisasie verlede jaar 184 plaasaanvalle en 29 plaasmoorde aangeteken, met byna vier uit tien voorvalle wat ernstige geweld insluit. Jacques Broodryk van AfriForum sê die…
Iran se gesant by die Verenigde Nasies, Amir-Saeid Iravani, sê die volgende ronde onderhandelings sal slegs plaasvind sodra die VSA sy versperring van Iranse hawens staak. Dit volg te midde van president Donald Trump se verlenging van die skietstilstand totdat Iran 'n voorstel ter tafel lê vir die beëindiging van…
Die Afrika Ontwikkelingsbank se Volhoubare Energiefonds vir Afrika, Sefa, het op 10 April vanjaar 'n beroep vir voorstelle onder sy nuwe Groenwaterstofprogram gedoen, wat teen 11 Mei ingehandig moet wees. Daar is 20 miljoen Amerikaanse dollar beskikbaar vir voorbeleggingsfinansiering vir drie tot vyf uitgesoekte projekte. Die interim hoof van die…
Die ouditeur-generaal se kantoor sê al het die Suid-Afrikaanse Lugdiens in 2024/2025 'n wins aangeteken, is die lugredery finansieel buite beheer en sy syfers onbetroubaar. Volgens die redery het hy in die fiskale jaar tot einde Maart 2025 die tweede agtereenvolgende jaar sedert hy in April 2021 uit sakeredding is,…
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke sê 'n ondersoek is aan die gang na die oorsaak van 'n brand wat die kleinhandelwinkel by die Onder-Sabie-ruskamp in die Krugerwildtuin in Mpumalanga beskadig het. Besoekers word aangeraai om voorraad saam te bring terwyl die restaurant gesluit bly weens kragonderbrekings as gevolg van die brand…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.