Salom Nikanor se testikels verbrand na moord, sê NamPol

Loading player...
Die hoof van NamPol Oshana misdaadondersoeke, adjunkkommissaris Fredrik Ndjadila, het bevestig dat die testikels van die 41-jarige Salom Nikanor afgesny en verbrand is. Nikanor se liggaam is op 4 Januarie deur 'n gemeenskapslid in vlak water by 'n pan agter die Oluno-korrektiewe fasiliteit in Ondangwa ontdek. Verdere ondersoeke het bevestig dat die skrotum oopgesny en die testikels verwyder is. Adjunkkommissaris Ndjadila het meer inligting by 'n media-inligtingsessie gegee:
8 Jan 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Blitsbokke vat Hongkong!

Die Springbok-sewes het Argentinië met 35-7 verslaan om hul eerste titel ooit in Hongkong te verower in die eerste been van vanjaar se Wêreldkampioenskap-reeks van drie toernooie. Die Blitsbokke het vyf drieë teen een gedruk. Dit is Suid-Afrika se vierde agtereenvolgende titel, met die vorige drie in Perth, Vancouver en…
20 Apr 1AM 1 min

VSA-man skiet 8 kinders dood, 7 sy eie

ʼn Man in Shreveport, Louisiana, het agt kinders, insluitend sewe van eie, doodgeskiet en twee volwassenes gewond. Die kinders was tussen twee- en 14-jaar oud. Owerhede beskryf die skietery wat in drie afsonderlike wonings plaasgevind het, as huishoudelike geweld. Dis die land se dodelikste massaskietvoorval sedert Januarie 2024. ʼn Woordvoerder…
20 Apr 1AM 1 min

Trek die ‘bersie nader, truie ook

Namibiërs het die afgelope naweek ‘n voorsmakie van die winter gehad wat op hulle wag. Hou maar jou trui byderhand - nóg koue word verwag, sê Albertina Anderson, weerkenner van die Namibiese meteorologiese dienste:
20 Apr 1AM 1 min