ICE-skietery van ma van 3 in Minneapolis steeds in die nuus

Loading player...
Internasionaal en spanning tussen Minnesota en federale amptenare het Donderdag vererger na 'n Amerikaanse immigrasie-agent vir Renee Nicole Good, 'n 37-jarige ma van drie, in Minneapolis doodgeskiet het. Die FBI het skielik besluit om alleen die voorval te ondersoek en nie meer met die Minnesota Buro vir Kriminele Aanhouding saam te werk nie. Die staat se goewerneur, Tim Walz, het op 'n perskonferensie gesê dat enige federale ondersoek sonder staatsbetrokkenheid, waarskynlik as 'n "witwassery" gesien sal word. Hy sê dit is omdat mense in magsposisies, van die president en vise-president tot die sekretaris van binnelandse veiligheid Kristi Noem, reeds dinge vir die publiek vertel het wat bewysbaar vals is. CNN se Christiane Amanpour het met Senator Bernie Sanders oor die voorval gepraat:
8 Jan 10PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Blitsbokke vat Hongkong!

Die Springbok-sewes het Argentinië met 35-7 verslaan om hul eerste titel ooit in Hongkong te verower in die eerste been van vanjaar se Wêreldkampioenskap-reeks van drie toernooie. Die Blitsbokke het vyf drieë teen een gedruk. Dit is Suid-Afrika se vierde agtereenvolgende titel, met die vorige drie in Perth, Vancouver en…
20 Apr 1AM 1 min

VSA-man skiet 8 kinders dood, 7 sy eie

ʼn Man in Shreveport, Louisiana, het agt kinders, insluitend sewe van eie, doodgeskiet en twee volwassenes gewond. Die kinders was tussen twee- en 14-jaar oud. Owerhede beskryf die skietery wat in drie afsonderlike wonings plaasgevind het, as huishoudelike geweld. Dis die land se dodelikste massaskietvoorval sedert Januarie 2024. ʼn Woordvoerder…
20 Apr 1AM 1 min

Trek die ‘bersie nader, truie ook

Namibiërs het die afgelope naweek ‘n voorsmakie van die winter gehad wat op hulle wag. Hou maar jou trui byderhand - nóg koue word verwag, sê Albertina Anderson, weerkenner van die Namibiese meteorologiese dienste:
20 Apr 1AM 1 min