Meer bronne, beter bevestiging rakende getuies oor politieke inmenging

Loading player...
ActionSA se lid van die parlementêre ad hoc-komitee oor politieke inmenging in die regstelsel, Darleen James, waarsku bewerings deur onbevestigde getuies kan die ondersoekproses ontspoor. Sy het tydens vanjaar se eerste sitting gevra vir sterker bevestiging, meer regshulpbronne en verbeterde getuiebeskerming. James steun die EFF se oproepe vir bykomende hulpbronne en eis dat die aktivis Paul O'Sullivan persoonlik verskyn. Sy sê Suid-Afrikaners verwag beslissende, geloofwaardige uitkomste:
8 Jan 10PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Blitsbokke vat Hongkong!

Die Springbok-sewes het Argentinië met 35-7 verslaan om hul eerste titel ooit in Hongkong te verower in die eerste been van vanjaar se Wêreldkampioenskap-reeks van drie toernooie. Die Blitsbokke het vyf drieë teen een gedruk. Dit is Suid-Afrika se vierde agtereenvolgende titel, met die vorige drie in Perth, Vancouver en…
20 Apr 1AM 1 min

VSA-man skiet 8 kinders dood, 7 sy eie

ʼn Man in Shreveport, Louisiana, het agt kinders, insluitend sewe van eie, doodgeskiet en twee volwassenes gewond. Die kinders was tussen twee- en 14-jaar oud. Owerhede beskryf die skietery wat in drie afsonderlike wonings plaasgevind het, as huishoudelike geweld. Dis die land se dodelikste massaskietvoorval sedert Januarie 2024. ʼn Woordvoerder…
20 Apr 1AM 1 min

Trek die ‘bersie nader, truie ook

Namibiërs het die afgelope naweek ‘n voorsmakie van die winter gehad wat op hulle wag. Hou maar jou trui byderhand - nóg koue word verwag, sê Albertina Anderson, weerkenner van die Namibiese meteorologiese dienste:
20 Apr 1AM 1 min