Echo het reeds goedkeuring vir lae-Aarde-wentelbaan internetdiens

Loading player...
Echo Telecommunications het sy voorneme aangekondig om die eerste internetdiensverskaffer in die land te word om hierdie maand lae-Aarde-wentelbaan satelietdienste kommersieel te loods. Die besturende direkteur van Echo Namibia, Christo Greeff, sê hulle het reeds voorlopige goedkeuring van die Kommunikasie-reguleringsowerheid van Namibië, Cran, ontvang. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Nrupesh Soni, 'n tegnologiekenner en besigheidseienaar, wat verduidelik wat die verskil is tussen Starlink en ander lae-Aarde-wentelbaan satellietdienste.
8 Jan 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Blitsbokke vat Hongkong!

Die Springbok-sewes het Argentinië met 35-7 verslaan om hul eerste titel ooit in Hongkong te verower in die eerste been van vanjaar se Wêreldkampioenskap-reeks van drie toernooie. Die Blitsbokke het vyf drieë teen een gedruk. Dit is Suid-Afrika se vierde agtereenvolgende titel, met die vorige drie in Perth, Vancouver en…
20 Apr 1AM 1 min

VSA-man skiet 8 kinders dood, 7 sy eie

ʼn Man in Shreveport, Louisiana, het agt kinders, insluitend sewe van eie, doodgeskiet en twee volwassenes gewond. Die kinders was tussen twee- en 14-jaar oud. Owerhede beskryf die skietery wat in drie afsonderlike wonings plaasgevind het, as huishoudelike geweld. Dis die land se dodelikste massaskietvoorval sedert Januarie 2024. ʼn Woordvoerder…
20 Apr 1AM 1 min

Trek die ‘bersie nader, truie ook

Namibiërs het die afgelope naweek ‘n voorsmakie van die winter gehad wat op hulle wag. Hou maar jou trui byderhand - nóg koue word verwag, sê Albertina Anderson, weerkenner van die Namibiese meteorologiese dienste:
20 Apr 1AM 1 min