NWR: IPC sê dis tyd vir verantwoordbaarheid

Loading player...
Die IPC se skadu-omgewingsminister, Rodrick Likando, het kommer uitgespreek oor wat hy 'n ernstige ineenstorting van toesig by Namibia Wildlife Resorts noem. Dit volg nadat die omgewingsminister na bewering gesê het sy is onbewus van bewerings na die verwoestende brand by Aus dat brandblussers by NWR-fasiliteite nie gediens word nie. Likando het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat daar maande van gedokumenteerde mislukkings, dodelike brande en herhaalde waarskuwings oor die situasie by NWR was. Hy het 'n beroep gedoen op verantwoordbaarheid:
8 Jan 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Blitsbokke vat Hongkong!

Die Springbok-sewes het Argentinië met 35-7 verslaan om hul eerste titel ooit in Hongkong te verower in die eerste been van vanjaar se Wêreldkampioenskap-reeks van drie toernooie. Die Blitsbokke het vyf drieë teen een gedruk. Dit is Suid-Afrika se vierde agtereenvolgende titel, met die vorige drie in Perth, Vancouver en…
20 Apr 1AM 1 min

VSA-man skiet 8 kinders dood, 7 sy eie

ʼn Man in Shreveport, Louisiana, het agt kinders, insluitend sewe van eie, doodgeskiet en twee volwassenes gewond. Die kinders was tussen twee- en 14-jaar oud. Owerhede beskryf die skietery wat in drie afsonderlike wonings plaasgevind het, as huishoudelike geweld. Dis die land se dodelikste massaskietvoorval sedert Januarie 2024. ʼn Woordvoerder…
20 Apr 1AM 1 min

Trek die ‘bersie nader, truie ook

Namibiërs het die afgelope naweek ‘n voorsmakie van die winter gehad wat op hulle wag. Hou maar jou trui byderhand - nóg koue word verwag, sê Albertina Anderson, weerkenner van die Namibiese meteorologiese dienste:
20 Apr 1AM 1 min