Bloedoortappingsdiens het dringend skenkings nodig

Loading player...
Die Bloedoortappingsdiens doen weereens 'n beroep op bloedskenkings aangesien bloedreserwes tot minder as drie dae se voorraad gedaal het. Opvoedkundige beampte Frieda Vatileni-Asino het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat hulle 250 eenhede volbloed per dag benodig om hulle tot die einde van Januarie deur te sien. Sy sê alle pasiënte ontvang bloed en bloedprodukte, wat beteken dat hulle elke dag aan die vraag van die hospitale moet voldoen en die reserwes is laag. Saterdag is weer Red Saturday.
8 Jan 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Blitsbokke vat Hongkong!

Die Springbok-sewes het Argentinië met 35-7 verslaan om hul eerste titel ooit in Hongkong te verower in die eerste been van vanjaar se Wêreldkampioenskap-reeks van drie toernooie. Die Blitsbokke het vyf drieë teen een gedruk. Dit is Suid-Afrika se vierde agtereenvolgende titel, met die vorige drie in Perth, Vancouver en…
20 Apr 1AM 1 min

VSA-man skiet 8 kinders dood, 7 sy eie

ʼn Man in Shreveport, Louisiana, het agt kinders, insluitend sewe van eie, doodgeskiet en twee volwassenes gewond. Die kinders was tussen twee- en 14-jaar oud. Owerhede beskryf die skietery wat in drie afsonderlike wonings plaasgevind het, as huishoudelike geweld. Dis die land se dodelikste massaskietvoorval sedert Januarie 2024. ʼn Woordvoerder…
20 Apr 1AM 1 min

Trek die ‘bersie nader, truie ook

Namibiërs het die afgelope naweek ‘n voorsmakie van die winter gehad wat op hulle wag. Hou maar jou trui byderhand - nóg koue word verwag, sê Albertina Anderson, weerkenner van die Namibiese meteorologiese dienste:
20 Apr 1AM 1 min