ICE-skietery: Tim Waltz sê ondersoek sal nie onpartydig wees nie

Loading player...
Minnesota se goewerneur, Tim Walz, sê president Donald Trump se administrasie weier dat amptenare van die staat deel is van die ondersoek na die noodlottige skietvoorval waarby ʼn beampte van die Doeane-agentskap in Minneapolis betrokke was. Die 37-jarige Renee Nicole Good is Woensdag dood nadat ʼn ICE-agent haar in haar voertuig geskiet het. Walz sê hy is bekommerd dat die federale regering nie ʼn onpartydige ondersoek sal uitvoer nie:
8 Jan 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Blitsbokke vat Hongkong!

Die Springbok-sewes het Argentinië met 35-7 verslaan om hul eerste titel ooit in Hongkong te verower in die eerste been van vanjaar se Wêreldkampioenskap-reeks van drie toernooie. Die Blitsbokke het vyf drieë teen een gedruk. Dit is Suid-Afrika se vierde agtereenvolgende titel, met die vorige drie in Perth, Vancouver en…
20 Apr 1AM 1 min

VSA-man skiet 8 kinders dood, 7 sy eie

ʼn Man in Shreveport, Louisiana, het agt kinders, insluitend sewe van eie, doodgeskiet en twee volwassenes gewond. Die kinders was tussen twee- en 14-jaar oud. Owerhede beskryf die skietery wat in drie afsonderlike wonings plaasgevind het, as huishoudelike geweld. Dis die land se dodelikste massaskietvoorval sedert Januarie 2024. ʼn Woordvoerder…
20 Apr 1AM 1 min

Trek die ‘bersie nader, truie ook

Namibiërs het die afgelope naweek ‘n voorsmakie van die winter gehad wat op hulle wag. Hou maar jou trui byderhand - nóg koue word verwag, sê Albertina Anderson, weerkenner van die Namibiese meteorologiese dienste:
20 Apr 1AM 1 min