Mbalula sê ANC moet hard werk om kieser vertroue terug te wen

Loading player...
Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê die 2024 nasionale en provinsiale verkiesingsuitslag het die party genoop om ernstig introspeksie te doen. Die ANC het in die 2024 algemene verkiesing die eerste keer sedert die begin van demokrasie sy volstrekte meerderheid in die Parlement verloor. Mbalula het gister tydens die ANC-vroueliga se heilige uManyano-vergadering in Noordwes gesê die party het ʼn reusetaak om weer kiesers se vertroue te wen:
9 Jan 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Blitsbokke vat Hongkong!

Die Springbok-sewes het Argentinië met 35-7 verslaan om hul eerste titel ooit in Hongkong te verower in die eerste been van vanjaar se Wêreldkampioenskap-reeks van drie toernooie. Die Blitsbokke het vyf drieë teen een gedruk. Dit is Suid-Afrika se vierde agtereenvolgende titel, met die vorige drie in Perth, Vancouver en…
20 Apr 1AM 1 min

VSA-man skiet 8 kinders dood, 7 sy eie

ʼn Man in Shreveport, Louisiana, het agt kinders, insluitend sewe van eie, doodgeskiet en twee volwassenes gewond. Die kinders was tussen twee- en 14-jaar oud. Owerhede beskryf die skietery wat in drie afsonderlike wonings plaasgevind het, as huishoudelike geweld. Dis die land se dodelikste massaskietvoorval sedert Januarie 2024. ʼn Woordvoerder…
20 Apr 1AM 1 min

Trek die ‘bersie nader, truie ook

Namibiërs het die afgelope naweek ‘n voorsmakie van die winter gehad wat op hulle wag. Hou maar jou trui byderhand - nóg koue word verwag, sê Albertina Anderson, weerkenner van die Namibiese meteorologiese dienste:
20 Apr 1AM 1 min