VN-organisasies sal voortgaan met hulle mandaat, sonder VSA

Loading player...
Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê Amerika se besluit om aan internasionale organisasies te onttrek, is teleurstellend. Byna die helfte van die 66 organisasies het VN-bande. Dit sluit die Raamwerkkonvensie oor Klimaatsverandering en die Bevolkingsfonds in wat moeders en kinders se gesondheid ondersteun, en seksuele en geslagsgeweld bestry. Guterres se woordvoerder, Stéphane Dujarric, sê alle VN-instellings sal voortgaan met hul mandaat:
9 Jan 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Blitsbokke vat Hongkong!

Die Springbok-sewes het Argentinië met 35-7 verslaan om hul eerste titel ooit in Hongkong te verower in die eerste been van vanjaar se Wêreldkampioenskap-reeks van drie toernooie. Die Blitsbokke het vyf drieë teen een gedruk. Dit is Suid-Afrika se vierde agtereenvolgende titel, met die vorige drie in Perth, Vancouver en…
20 Apr 1AM 1 min

VSA-man skiet 8 kinders dood, 7 sy eie

ʼn Man in Shreveport, Louisiana, het agt kinders, insluitend sewe van eie, doodgeskiet en twee volwassenes gewond. Die kinders was tussen twee- en 14-jaar oud. Owerhede beskryf die skietery wat in drie afsonderlike wonings plaasgevind het, as huishoudelike geweld. Dis die land se dodelikste massaskietvoorval sedert Januarie 2024. ʼn Woordvoerder…
20 Apr 1AM 1 min

Trek die ‘bersie nader, truie ook

Namibiërs het die afgelope naweek ‘n voorsmakie van die winter gehad wat op hulle wag. Hou maar jou trui byderhand - nóg koue word verwag, sê Albertina Anderson, weerkenner van die Namibiese meteorologiese dienste:
20 Apr 1AM 1 min