Johannesburg werk op gekaapte eiendomme

Loading player...
Die Johannesburgse metropolisie het 'n man in hegtenis geneem wat vermoedelik agter 'n gekaapte Bryanston-herehuis sit, as deel van sy pogings om gekaapte eiendomme in die metro terug te vat. Die eiendom word op ongeveer 5,1 miljoen Suid-Afrikaanse rand gewaardeer en het onwettige elektrisiteitsverbindings in die kamers. Die metrowoordvoerder, Nthatisi Modingoane, sê nog 17 eiendomme in die gebied is ook gekaap, en die verdagte kan moontlik ook hiermee verbind word:
9 Jan 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Blitsbokke vat Hongkong!

Die Springbok-sewes het Argentinië met 35-7 verslaan om hul eerste titel ooit in Hongkong te verower in die eerste been van vanjaar se Wêreldkampioenskap-reeks van drie toernooie. Die Blitsbokke het vyf drieë teen een gedruk. Dit is Suid-Afrika se vierde agtereenvolgende titel, met die vorige drie in Perth, Vancouver en…
20 Apr 1AM 1 min

VSA-man skiet 8 kinders dood, 7 sy eie

ʼn Man in Shreveport, Louisiana, het agt kinders, insluitend sewe van eie, doodgeskiet en twee volwassenes gewond. Die kinders was tussen twee- en 14-jaar oud. Owerhede beskryf die skietery wat in drie afsonderlike wonings plaasgevind het, as huishoudelike geweld. Dis die land se dodelikste massaskietvoorval sedert Januarie 2024. ʼn Woordvoerder…
20 Apr 1AM 1 min

Trek die ‘bersie nader, truie ook

Namibiërs het die afgelope naweek ‘n voorsmakie van die winter gehad wat op hulle wag. Hou maar jou trui byderhand - nóg koue word verwag, sê Albertina Anderson, weerkenner van die Namibiese meteorologiese dienste:
20 Apr 1AM 1 min