NamPost sat van toelaag-begunstigdes wat nie by datums hou nie

Loading player...
Lang lyne is by verskeie poskantore aangeteken gedurende die Januarie-uitbetalingstydperk vir maatskaplike toelaes. Meer as 37 000 begunstigdes het hul toelaes op die eerste dag alleen afgehaal, wat die verwagte 28 000 ver oorskry het. NamPost sê dit is veroorsaak deur begunstigdes wat hul betalings buite die geskeduleerde datums kom haal het, wat swaar druk op dienste in die takke plaas en tot opeenhopings landwyd gelei het. Vanaf môre sal betalings in takke streng gedoen word slegs in die toelaag-kategorië wat vir daardie datum geskeduleer is. Nampost-woordvoerder Wilson Shikoto het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
14 Jan 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Beleide moet klaarkom, projekte moet begin: ekonoom oor staatsrede

Reaksie word steeds ontvang oor die president se staatsrede, waarin sy parlementslede aangemoedig het om die petroleum wetsontwerp te finaliseer. Volgens ekonoom Almandro Jansen was die staatsrede positief, maar beleide moet gefinaliseer word, korrupsie moet vasgevat word en projekte moet na uitvoering beweeg. Kosmos 94.1 Nuus het met Jansen gepraat.
13 Apr 11AM 1 min

UAT verheug oor heropening van Phala Phala-ondersoek

United Africans Transformation verwelkom die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat se besluit om ondersoeke na die Phala Phala-saak te heropen. Mighty Mabule van die party sê die stap is noodsaaklik om openbare vertroue in die strafregstelsel te herstel en aanspreeklikheid te verseker ongeag status. Hy bepleit 'n deeglike, onpartydige en spoedige ondersoek en…
13 Apr 11AM 1 min

Opwinding laai op vir ISAP Junior Ranger-kursus

Daar is groot opgewondenheid oor die Intelligence Support against Poaching, of ISAP se Junior Ranger-kursus wat van 2 tot 10 Mei plaasvind. Fritz Kaufmann, die stigter van ISAP, sê die bekende wildwagter en teenstropery-spesialis Nick Durante sal vanjaar by die kursus aansluit.
13 Apr 11AM 1 min