Reaksie word steeds ontvang oor die president se staatsrede, waarin sy parlementslede aangemoedig het om die petroleum wetsontwerp te finaliseer. Volgens ekonoom Almandro Jansen was die staatsrede positief, maar beleide moet gefinaliseer word, korrupsie moet vasgevat word en projekte moet na uitvoering beweeg. Kosmos 94.1 Nuus het met Jansen gepraat.
United Africans Transformation verwelkom die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat se besluit om ondersoeke na die Phala Phala-saak te heropen. Mighty Mabule van die party sê die stap is noodsaaklik om openbare vertroue in die strafregstelsel te herstel en aanspreeklikheid te verseker ongeag status. Hy bepleit 'n deeglike, onpartydige en spoedige ondersoek en…
Daar is groot opgewondenheid oor die Intelligence Support against Poaching, of ISAP se Junior Ranger-kursus wat van 2 tot 10 Mei plaasvind. Fritz Kaufmann, die stigter van ISAP, sê die bekende wildwagter en teenstropery-spesialis Nick Durante sal vanjaar by die kursus aansluit.
Die navorser Christie Keulder van Survey Warehouse het ‘n assessering gedoen van die parlementêre Staande Komitee oor Natuurlike Hulpbronne se verslag wat aanbeveel dat Headspring Investments en Uranium One met in-situ uraan-eksplorasie in die Omaheke-streek voortgaan. Die verslag voldoen nie aan die bepalings van ‘n oorsig-verslag nie. Christie Keulder, hoofnavorser…
Hooggeregshofregter Marelize du Plessis sal Woensdag van Fishrot-verdedigingsadvokate hoor hoe hulle met die hoofstrafverhoor wil voortgaan, wat reeds verskeie kere vertraag is. Ileni Gebhardt, wat Ricardo Gustavo verteenwoordig, was eerste om die saak aan te roer toe sy beswaar gemaak het teen 'n uitstel van die verhoor se begin tot…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.