
Fishrot-verdediging maak kapsie teen nog uitstelle
Loading player...
Hooggeregshofregter Marelize du Plessis sal Woensdag van Fishrot-verdedigingsadvokate hoor hoe hulle met die hoofstrafverhoor wil voortgaan, wat reeds verskeie kere vertraag is. Ileni Gebhardt, wat Ricardo Gustavo verteenwoordig, was eerste om die saak aan te roer toe sy beswaar gemaak het teen 'n uitstel van die verhoor se begin tot Mei. Die hoofverhoor sou hierdie week en volgende week plaasvind.

