Agoa-hernuwing sal nie veel verskil aan Namibië maak nie

Loading player...
Reaksie word ontvang na die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers toestemming verleen het dat Agoa, met drie jaar, tot Desember 2028, verleng word. Die ooreenkoms wat voorsiening maak dat die vasteland goedere belastingvry na Amerika uitvoer, het einde September verstryk. Dit sluit in terugbetaling van belasting sedert September verlede jaar. Namibië se status is bevestig maar, Suid-Afrika word as bedreig geklassifiseer, wat ‘n wesenlike impak kan hê. Plaaslike landbou ekonoom, Wallie Roux.
14 Jan 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Beleide moet klaarkom, projekte moet begin: ekonoom oor staatsrede

Reaksie word steeds ontvang oor die president se staatsrede, waarin sy parlementslede aangemoedig het om die petroleum wetsontwerp te finaliseer. Volgens ekonoom Almandro Jansen was die staatsrede positief, maar beleide moet gefinaliseer word, korrupsie moet vasgevat word en projekte moet na uitvoering beweeg. Kosmos 94.1 Nuus het met Jansen gepraat.
13 Apr 11AM 1 min

UAT verheug oor heropening van Phala Phala-ondersoek

United Africans Transformation verwelkom die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat se besluit om ondersoeke na die Phala Phala-saak te heropen. Mighty Mabule van die party sê die stap is noodsaaklik om openbare vertroue in die strafregstelsel te herstel en aanspreeklikheid te verseker ongeag status. Hy bepleit 'n deeglike, onpartydige en spoedige ondersoek en…
13 Apr 11AM 1 min

Opwinding laai op vir ISAP Junior Ranger-kursus

Daar is groot opgewondenheid oor die Intelligence Support against Poaching, of ISAP se Junior Ranger-kursus wat van 2 tot 10 Mei plaasvind. Fritz Kaufmann, die stigter van ISAP, sê die bekende wildwagter en teenstropery-spesialis Nick Durante sal vanjaar by die kursus aansluit.
13 Apr 11AM 1 min