Verlengde aansoeke vir studies by Unam nou oop

Loading player...
Verlengde aansoeke vir voorgraadse en nagraadse studies aan Unam in 2026 is oop tot 28 Januarie vir beide plaaslike en internasionale studente. Diegene wat aansoek gedoen het om aan Unam te studeer in die 2025-aansoeksiklus en nie toegelaat is nie, moet nie weer aansoek doen nie. Hulle moet hul finale eksamenuitslae indien vir herbeoordeling en moontlike toelating. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Simon Namesho, die woordvoerder van Unam, wat meer inligting gee.
14 Jan 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Beleide moet klaarkom, projekte moet begin: ekonoom oor staatsrede

Reaksie word steeds ontvang oor die president se staatsrede, waarin sy parlementslede aangemoedig het om die petroleum wetsontwerp te finaliseer. Volgens ekonoom Almandro Jansen was die staatsrede positief, maar beleide moet gefinaliseer word, korrupsie moet vasgevat word en projekte moet na uitvoering beweeg. Kosmos 94.1 Nuus het met Jansen gepraat.
13 Apr 11AM 1 min

UAT verheug oor heropening van Phala Phala-ondersoek

United Africans Transformation verwelkom die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat se besluit om ondersoeke na die Phala Phala-saak te heropen. Mighty Mabule van die party sê die stap is noodsaaklik om openbare vertroue in die strafregstelsel te herstel en aanspreeklikheid te verseker ongeag status. Hy bepleit 'n deeglike, onpartydige en spoedige ondersoek en…
13 Apr 11AM 1 min

Opwinding laai op vir ISAP Junior Ranger-kursus

Daar is groot opgewondenheid oor die Intelligence Support against Poaching, of ISAP se Junior Ranger-kursus wat van 2 tot 10 Mei plaasvind. Fritz Kaufmann, die stigter van ISAP, sê die bekende wildwagter en teenstropery-spesialis Nick Durante sal vanjaar by die kursus aansluit.
13 Apr 11AM 1 min