Lenacapavir: Innovering sonder billikheid is nutteloos

Loading player...
Die gesondheidsminister dr. Esperance Luvindao, maak alarm oor toegang tot lewensreddende MIV-voorkoming. Terwyl Namibië die ses-maandelikse MIV-inspuiting lenacapavir geregistreer het, plaas die prys daarvan, meer as 28 000 Amerikaanse dollar per persoon, dit ver buite bereik van die meeste Namibiërs. Met vele mense wat elke week besmet word, sê Luvindao dat innovering sonder billikheid lewens kos.
30 Jan 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Artemis II: 'Spesiaalste ding ooit,' sê bewoë Wiseman

Die vier ruimtevaarders wat op Nasa se Artemis II-sending om die maan gevlieg het, het ná hulle Saterdag suksesvol na die aarde teruggekeer het en met hul families herenig is, vir die eerste keer weer met die media in Houston, Texas gepraat. Hul nege dae lange reis het hulle verder…
12 Apr 3AM 1 min

Uerikua teer onthou by gedenkdiens

Politieke hoëlui, familie en vriende het Saterdag op Otjiwarongo saamgetrek om vir oulaas hulde aan wyle Swapo-parlementariër en ‘n voormalige goewerneur van Otjozondjupa, James Uerikua, te bring. Uerikua en sy 14-jarige seun is Paasvrydag in ‘n motorongeluk op die pad tussen Otjiwarongo en Okakarara oorlede. Namibië se voormalige eerste dame,…
12 Apr 2AM 1 min

Vance verlaat Pakistan ná vredesonderhandelinge misluk

Saterdag se vredesonderhandelinge tussen Amerika en Iran in Pakistan het misluk. Iran blameer onredelike eise van Washington daarvoor, terwyl visepresident JD Vance van die VSA sê die Amerikaanse span was tegemoetkomend en buigsaam. Vance sê president Donald Trump het VSA-afgevaardigdes beopdrag om te goeder trou te onderhandel, maar geen vordering…
12 Apr 1AM 1 min

'Ek werk vir álle Suid-Afrikaners,' sê DA se Steenhuisen

Die uittredende DA-leier, John Steenhuisen, sê die party wat hy in 2019 geërf het, was op sy knieë, deurspek met verdeeldheid en 'n gebrek aan selfvertroue. Die party se tweedaagse verkiesingskongres, wat tans in Midrand, Gauteng, aan die gang is, sal óf die voorloper, Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, óf…
12 Apr 12AM 1 min

Rugby: Skuif reg vir die 2026-seisoen!

Die Namibiese Rugby-unie het vandeesweek die plaaslike rugbyliga-seisoen vir 2026 bekendgestel. Dit sluit in die landswye premierliga, reserweliga, vroueliga en die eerste divisieliga. Die NRU se uitvoerende hoof John Heynes gee meer inligting.
11 Apr 6AM 1 min