Die Namibiese Rugby-unie het vandeesweek die plaaslike rugbyliga-seisoen vir 2026 bekendgestel. Dit sluit in die landswye premierliga, reserweliga, vroueliga en die eerste divisieliga. Die NRU se uitvoerende hoof John Heynes gee meer inligting.
Corruption Watch verwelkom die Wet op Beskermde Bekendmakings wat ten doel het om die beskerming van verklikkers te versterk. Die organisasie sê die wetsontwerp, gelei deur aanbevelings van die Zondo-kommissie oor staatskaping, is daarop gemik om gapings in bestaande wetgewing te vernou en beskerming verder as tradisionele indiensneming uit te…
Sakeliga en die Nasionale Werkgewersvereniging van Suid-Afrika het hul saak teen gelyke indiensnemingskwotas na die Konstitusionele Hof geneem in 'n finale poging om dringende verligting te kry. Die sakegroepe probeer om 'n laerhof beslissing om te keer wat geweier het om die nuwe regulasies op te skort. Die nuwe regulasies…
Nanso bied as deel van sy #FixMySchool-veldtog dié naweerk 'n korporatiewe 7-aan-'n-kant sokkertoernooi vir onderwys aan. Nanso-woordvoerder Jessy Abraham gee meer inligting oor die doel en belangrikheid van die veldtog.
Die Bloedoortappingsdiens hou 'n "Rooi Saterdag" om beide nuwe en gereelde bloedskenkers aan te moedig om bloed te skenk en te help om 200 tot 250 sakkies of meer te vul. Opvoedingsbeampte Frieda Vatileni-Asino sê die doel is om bloedtekorte te verminder en voldoende bloedreserwes vir die land te verseker…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.