Die Vereniging van Staatsamptenare vra dat die regering oplossings vind vir strukturele kwessies in die brandstofprys-model, insluitend belastings en heffings wat werkers buite verhouding swaar raak. Dit volg te midde van die regering se pogings om die stygende brandstofprys te verlig deur kers op te steek by lande met soortgelyke…
Die Israeliese premier Benjamin Netanyahu sê hy het ingestem tot onderhandelinge met die Libanese regering. Die gesprekke sal volgende week in Washington plaasvind, terwyl die VSA en Iran in Pakistan sal ontmoet. Paul Salem, senior genoot van die Midde-Oosterse Instituut, sê gesprekke tussen die twee lande sal moeilik wees.
Op 28 April bied Agra Veilings sy Namibia Genetics-veiling by die Agra Bank Windhoek ring in Windhoek. Met nege verskillende rasse wat aangebied word is daar 'n totaal van 59 bulle en 63 vroulike diere. Vanjaar se hoogtepunt is die vyf Hereford bulle. Kosmos 94.1 Nuus het met Paul Klein,…
Namibië staar 'n kritieke tekort aan vlieëniers en vluginstrukteurs in die gesig, wat die lugvaartbedryf en toerisme as geheel bedreig. Dit is volgens 'n verslag deur die Vliegtuigeienaars- en Vlieëniersvereniging van Namibië, Aopa, wat dringende regeringsingryping versoek om die situasie te verlig. Daar is tans slegs 202 plaaslike kommersiële vlieënierlisensie-houers…
Die Motorvoertuig-ongelukkefonds sê die 50 persent-vermindering in die brandstofheffing wat vir drie maande ingestel is, sal lei tot 'n inkomstetekort van 74 miljoen Namibiese dollar. Die fonds vorder normaalweg sowat 48 miljoen dollar per maand uit die heffing in, met eisuitgawes van 31 miljoen dollar, wat slegs 17 miljoen dollar…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.