
Tekort aan vlieëniers, instrukteurs raak toerisme, lugvaart
Loading player...
Namibië staar 'n kritieke tekort aan vlieëniers en vluginstrukteurs in die gesig, wat die lugvaartbedryf en toerisme as geheel bedreig. Dit is volgens 'n verslag deur die Vliegtuigeienaars- en Vlieëniersvereniging van Namibië, Aopa, wat dringende regeringsingryping versoek om die situasie te verlig. Daar is tans slegs 202 plaaslike kommersiële vlieënierlisensie-houers. Volgens 'n opname wat deur Aopa gedoen is, benodig die land 'n bykomende 60 kommersiële vlieëniers en 14 bykomende vluginstrukteurs. Kosmos 94.1 Nuus het met die vereniging se uitvoerende hoof Matt Totten gepraat, wat die impak op toerisme verduidelik.

