Protes vandag oor sekuriteitswagte en minimumloon

Loading player...
Die maatskaplike aktivis Michael Amushelelo het besluit om sy platform te gebruik om sekuriteitswagte wat nie die minimumloon betaal word nie te help deur 'n betoging te reël wat vanoggend om sewe begin het. Volgens Amushelelo sal hy nie daar wees nie maar staan in solidariteit met die wagte. Die betoging sal by die Katutura Youth Complex plaasvind en die groep sal 'n petisie oorhandig. Kosmos 94.1 Nuus het met Amushelelo gepraat.
25 Feb 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Groot toename in witmielie-produksie verwag

Volgens president Netumbo Nandi-Ndaitwah se staatsrede was witmielie-produksie in 2025 op 69 541 metrieke ton, wat in 31 persent van die plaaslike vraag voldoen het. Liseli Mwilima, woordvoerder van die Namibiese Akkerbouraad, het aan Kosmos 94.1 gesê dramaties hoër produksie word vanjaar verwag, weens die goeie reën en die impak…
9 Apr 11AM 1 min

Staatswerkersvakbond steun wetwysigings vir sterker bestuur

Die Vereniging van Staatsamptenare verwelkom die wysigings aan die Wet op die Staatsdiens om sterker bestuur en verantwoordbaarheid te bevorder. Woordvoerder Claude Naicker beklemtoon die hervorming van meriete-gegronde aanstellings en die uithou van politiek uit die Staatsdiens. Hy sê daar is 'n behoefte aan groter betrokkenheid by ontslane werknemers en…
9 Apr 11AM 1 min

Jong professionele mense sukkel finansieel 'weens stelsel'

Jong professionele persone verdien meer en bereik meer op papier as vorige generasies, maar finansieel voel die meerderheid vasgevang. Wêreldwye navorsing toon dat byna die helfte van sogenaamde Millennials nie finansieel veilig voel nie, met meer as die helfte wat van salaris tot salaris leef namate lewenskoste aanhou styg. Zandile…
9 Apr 10AM 1 min

RP maak stem dik oor in situ-uraanloging in akwifeer

Die Republikeinse Party het sy stem dik gemaak oor in situ-loging in die Stampriet-akwifeer. Dit kom na 'n verslag van die Staande Komitee oor Natuurlike Hulpbronne in die parlement ter tafel gelê is, wat aanbeveel dat Headspring Investments toegelaat word om te boor en in-situ uraanonttrekking uit te voer by…
9 Apr 10AM 1 min