
RP maak stem dik oor in situ-uraanloging in akwifeer
Loading player...
Die Republikeinse Party het sy stem dik gemaak oor in situ-loging in die Stampriet-akwifeer. Dit kom na 'n verslag van die Staande Komitee oor Natuurlike Hulpbronne in die parlement ter tafel gelê is, wat aanbeveel dat Headspring Investments toegelaat word om te boor en in-situ uraanonttrekking uit te voer by Leonardville in die Omaheke-streek. Volgens Mudge is die eksplorasie en moontlike uraanontrekking nie die risiko werd nie. Hy dreig dat as die regering die uraanontginning goedkeur, die uiteinde die howe sal wees.

