Nuwe instelling 'sal SME's nie help', eerder banke

Loading player...
'n Voorstel deur die adjunk-onderwys- en innovasieminister, Dino Ballotti, om 'n nuwe semi-staatsinstelling te stig om klein besighede te ondersteun, word afgekeur. Ballotti voer aan dat die huidige 81 miljoen Namibiese dollar toewysing vir kleinsake-ontwikkeling onvoldoende is om SME’s betekenisvol te ondersteun. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het die politieke kommentator Marius Kudomo egter gewaarsku dat die skep van nog 'n staatsentiteit administratiewe koste kan verhoog sonder om tasbare voordele te lewer.
9 Apr 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Jong professionele mense sukkel finansieel 'weens stelsel'

Jong professionele persone verdien meer en bereik meer op papier as vorige generasies, maar finansieel voel die meerderheid vasgevang. Wêreldwye navorsing toon dat byna die helfte van sogenaamde Millennials nie finansieel veilig voel nie, met meer as die helfte wat van salaris tot salaris leef namate lewenskoste aanhou styg. Zandile…
9 Apr 10AM 1 min

RP maak stem dik oor in situ-uraanloging in akwifeer

Die Republikeinse Party het sy stem dik gemaak oor in situ-loging in die Stampriet-akwifeer. Dit kom na 'n verslag van die Staande Komitee oor Natuurlike Hulpbronne in die parlement ter tafel gelê is, wat aanbeveel dat Headspring Investments toegelaat word om te boor en in-situ uraanonttrekking uit te voer by…
9 Apr 10AM 1 min

Handelsbalans-tekort skiet op na N$5,2 miljard in Februarie

Volgens die jongste data het Namibië se handelsbalans, die verskil tussen die land se uitvoere en invoere, 'n tekort van 5,2 miljard Namibiese dollar in Februarie aangeteken. Dit weerspieël 'n merkbaar verswakte handelsbalans in vergelyking met 'n surplus van 198 miljoen dollar in Januarie. Die Namibië Statistieke-agentskap se woordvoerder, Mirjam…
9 Apr 10AM 1 min

Iran sal dom wees om skietstilstand te verbreek oor Libanon: Vance

Amerika se visepresident, JD Vance, sê Iran sal dom wees om die skietstilstand van twee weke met Washington in gevaar te stel oor Israel se aanvalle in Libanon. Minstens 182 mense is dood in gister se vlaag aanvalle. Amerika en Israel hou vol dat Libanon nie deel van die skietstilstand-ooreenkoms…
9 Apr 9AM 1 min

Keetmans-waterafsluitings tydelik op ys

Die Keetmanshoop-munisipaliteit het kennis gegee dat die waterafsluiting wat vir hierdie week geskeduleer was, tydelik gestaak is terwyl gesprekke met NamWater gevoer word. Vanaf Maart vanjaar skuld die munisipaliteit NamWater ongeveer 56 miljoen Namibiese dollar, na 'n vinnige toename in skuld sedert Januarie, toe die bedrag 32 miljoen dollar was…
9 Apr 8AM 1 min