'n Voorstel deur die adjunk-onderwys- en innovasieminister, Dino Ballotti, om 'n nuwe semi-staatsinstelling te stig om klein besighede te ondersteun, word afgekeur. Ballotti voer aan dat die huidige 81 miljoen Namibiese dollar toewysing vir kleinsake-ontwikkeling onvoldoende is om SME’s betekenisvol te ondersteun. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het…
Amerika se visepresident, JD Vance, sê Iran sal dom wees om die skietstilstand van twee weke met Washington in gevaar te stel oor Israel se aanvalle in Libanon. Minstens 182 mense is dood in gister se vlaag aanvalle. Amerika en Israel hou vol dat Libanon nie deel van die skietstilstand-ooreenkoms…
Die Keetmanshoop-munisipaliteit het kennis gegee dat die waterafsluiting wat vir hierdie week geskeduleer was, tydelik gestaak is terwyl gesprekke met NamWater gevoer word. Vanaf Maart vanjaar skuld die munisipaliteit NamWater ongeveer 56 miljoen Namibiese dollar, na 'n vinnige toename in skuld sedert Januarie, toe die bedrag 32 miljoen dollar was…
'n Drukgroep teen alkoholmisbruik, Rethink Your Drink, is bemoedig deur navorsing wat toon dat Suid-Afrikaners - veral jong volwassenes - ook die wêreldwye neiging begin volg om minder te drink. Worldpanel by Numerator sê 30-persent van Suid-Afrikaanse verbruikers het aangedui hulle wil minder drink - byna dubbel die wêreldsyfer van…
Namate kunsmatige intelligensie deel word van die daaglikse werksomgewings in die land, skuif die aandag na hoe dit doeltreffend gebruik kan word. Die Namibiese Instituut vir Openbare Administrasie en Bestuur, Nipam, sal op 12 Mei 'n KI-leierskapseminaar in Windhoek aanbied. Woordvoerder Johannes Hatutale sê die seminaar sal fokus op praktiese…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.