Verdrag van Walvisbaai vandag 32 jaar oud

Loading player...
Vandag 32 jaar gelede is die Verdrag van Walvisbaai in 1994 onderteken om die soewereiniteit van dié kusdorp en die 12 Pikkewyn-eilande amptelik van Suid-Afrika na Namibië oor te dra. Dit het 84 jaar van Suid-Afrikaanse beheer beëindig en die VN-Veiligheidsraad se Resolusie 432 van 1978 vervul, wat die hawe weer in Namibië geïntegreer het. Kosmos 94.1 Nuus het met afgetrede weermag luitenant-generaal Martin Shalli gesels oor die betekenis van die hawestad vir Namibië.
28 Feb 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

KI in die werkplek, Nipam hou seminar

Namate kunsmatige intelligensie deel word van die daaglikse werksomgewings in die land, skuif die aandag na hoe dit doeltreffend gebruik kan word. Die Namibiese Instituut vir Openbare Administrasie en Bestuur, Nipam, sal op 12 Mei 'n KI-leierskapseminaar in Windhoek aanbied. Woordvoerder Johannes Hatutale sê die seminaar sal fokus op praktiese…
9 Apr 6AM 1 min

VF+ sê kultuur van geweld stuur SA op gevaarlike koers na anargie

Die Vryheidsfront Plus sê die kultuur van geweld in Suid-Afrika laat nie net die land ontspoor nie, maar laat dit afstuur op anargie en volslae chaos. Dit volg na die onlangse moord op Danie Oosthuizen, ʼn afgetrede NG-dominee van Primrose-Oos in Germiston, Gauteng. Jaco Mulder van die VF Plus sê…
9 Apr 6AM 1 min

Inflasie: Vrugte skiet die hoogte in

Terwyl algehele inflasie op 2,1 persent vir Maart, teenoor 2,4 persent in Februarie ingekom het, styg voedselpryse steeds. Die Namibiese Statistieke-agentskap het die jongste syfers bekend gemaak. Yanna Smith het meer.
9 Apr 6AM 1 min

Iran-oorlog: Ekonomiese herstel sal twee jaar neem sê Roodt

Die aankondiging van 'n skietstilstand in die oorlog van Amerika en Israel teen Iran lok steeds reaksie uit, veral omdat Libanon volgens Israel nie deel daarvan vorm nie. Die skietstilstand word as broos beskryf, onder andere omdat Israel voortgaan met aanvalle op Hisbollah in Libanon. Suid Afrikaanse ekonoom Dawie Roodt…
9 Apr 6AM 1 min