Cosatu juig oor R358 miljoen-boete aan Steinhoff-hoë

Loading player...
Cosatu verwelkom 'n boete van 358-miljoen Suid-Afrikaanse rand wat die Gedragsowerheid van die Finansiële Sektor aan 'n voormalige direkteur van Steinhoff, Stephanus Johannes Grobler opgelê het. 'n Ondersoek deur die owerheid het bevind Grobler het die Wet op Finansiële Markte oortree, veral rakende bepalings wat die regstreekse of onregstreekse vervaardiging of publikasie van vals, misleidende of bedrieglike verklarings verbied. Matthew Parks van Cosatu sê dit is 'n langverwagte oorwinning:
3 Mar 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Madlanga sê korrupsie is maklik in munisipale verkryging

Die voorsitter van die Madlanga-kommissie, Mbuyiseli Madlanga, is bekommerd oor die maklike gevaar van korrupsie in munisipale verkrygingsprosesse. Hy het tydens die hoof van die Tshwane-metropolisie, Yolande Faro, se getuienis gesê teenstrydighede in tenderdokumente tussen indiening en beoordeling dui op moontlike onbehoorlikheid en manipulering. Madlanga waarsku amptenare kan korrupsie moontlik…
8 Apr 11PM 1 min

Withuis sê Libanon was nie deel van skietstilstand nie

Die brose skietstilstand tussen Amerika en Iran blyk om te wankel, nadat Iran Woensdagaand die Straat van Hormuz weer gesluit het. Dit was in reaksie op 'n massiewe Israelse aanval op Libanon, waarin minstens 254 mense dood en 837 gewond is. Israel het meer as 'n honderd van wat dit…
8 Apr 11PM 1 min

Sona: Namibië werk met Noorweë aan olie- en gasbestuur

President Netumbo Nandi-Ndaitwah sê Namibië werk nou saam met Noorweë aan die beste manier om die olie- en gasbedryf te bestuur tot voordeel van alle Namibiërs. Tydens haar tweede staatsrede het Nandi-Ndaitwah gesê Noorweë sal Namibië help met ondersteuning in bestuursmetodes in sy olie- en gassektor. Noorweë word wyd erken…
8 Apr 11AM 1 min

Twee Oseane-marathon lok meer as 30 000 atlete

Padwedlope: Die Stad Kaapstad sê meer as 30 000 atlete gaan na verwagting die naweek deelneem aan die Twee Oseane-marathon. Atlete spring Saterdag weg in die ikoniese ultra-marathon oor 56-kilometer. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, sê Sondag se halfmarathon oor 21,1-kilometer neem deelnemers op ʼn roete deur…
8 Apr 11AM 1 min