Madlanga sê korrupsie is maklik in munisipale verkryging

Loading player...
Die voorsitter van die Madlanga-kommissie, Mbuyiseli Madlanga, is bekommerd oor die maklike gevaar van korrupsie in munisipale verkrygingsprosesse. Hy het tydens die hoof van die Tshwane-metropolisie, Yolande Faro, se getuienis gesê teenstrydighede in tenderdokumente tussen indiening en beoordeling dui op moontlike onbehoorlikheid en manipulering. Madlanga waarsku amptenare kan korrupsie moontlik maak deur nie die behoorlike beheermaatreëls te volg nie, selfs onder druk van gesagsfigure:
8 Apr 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Reaksie op hersiening van volksmoord-ooreenkoms

Die president het in haar staatsrede gesê dat die regering en Duitsland se gesamentlike verklaring oor die Ovaherero- en Nama-volksmoord hersien is en in die parlement ter tafel gelê sal word voor ondertekening. Die betrokke gemeenskappe kla al lank dat hulle nie geken is in die gesprekke nie, en sê…
9 Apr 12AM 1 min

Vakbonde is nie gekoppel aan partye nie - MUN

Druk neem toe vir 'n groot verskuiwing in Namibië se arbeidsregte-landskap, terwyl parlementslede debatteer of vakbonde heeltemal onafhanklik van politieke partye moet wees. Tydens die justisie en arbeidsverhoudinge-ministerie se 2026/27-begrotingsbesprekings het sommige LP's aangevoer dat Swapo-gekoppelde vakbonde die regte en billike verteenwoordiging van werkers in gevaar stel. Hulle vra vir…
9 Apr 12AM 1 min

Withuis sê Libanon was nie deel van skietstilstand nie

Die brose skietstilstand tussen Amerika en Iran blyk om te wankel, nadat Iran Woensdagaand die Straat van Hormuz weer gesluit het. Dit was in reaksie op 'n massiewe Israelse aanval op Libanon, waarin minstens 254 mense dood en 837 gewond is. Israel het meer as 'n honderd van wat dit…
8 Apr 11PM 1 min

Sona: Namibië werk met Noorweë aan olie- en gasbestuur

President Netumbo Nandi-Ndaitwah sê Namibië werk nou saam met Noorweë aan die beste manier om die olie- en gasbedryf te bestuur tot voordeel van alle Namibiërs. Tydens haar tweede staatsrede het Nandi-Ndaitwah gesê Noorweë sal Namibië help met ondersteuning in bestuursmetodes in sy olie- en gassektor. Noorweë word wyd erken…
8 Apr 11AM 1 min